Synopsis
Ons gesels met interessante mense in ons ateljee.
Episodes
-
‘Fluit-fluit’, Jan-Matthys se storie beslis nog nie uit
29/07/2024 Duration: 11minDié voormalige Die Kontrak-finalis se eerste enkelsnit as solokunstenaar, “Fluit-Fluit”, beloof om voete vir die dansvloer te laat jeuk. Maroela Media
-
Gesonde gesinne: Maak jou kind se ja-beker vol
26/07/2024 Duration: 09minNee is vir Lourindi Nel, ’n noodwoord, ’n soort kodewoord waarop haar kinders moet let en weet hulle moet nou luister. Sy verduidelik hoekom niemand van ʼn nee hou nie en hoe ouers ’n bot nee kan verander in iets meer aanvaarbaar sonder om op grense of dissipline in te boet. Kom luister na die volledige onderhoud. Maroela Media
-
A cappella in Afrikaans bereik nuwe hoogtes
25/07/2024 Duration: 12min“Die Atterbury Trust het verskeie fokuspunte. Die een is natuurlik studente, dan ook gemeenskap en kultuur. Wat vir ons so mooi is van die a cappella-kompetisie, is dat dit al ons fokuspunte so goed saamvat.” Maroela Media
-
Kop- en nekkankers – dís wat jy moet weet
24/07/2024 Duration: 26minDr. Johan Kluge en dr. Ben Moodie van die Cintocare privaat hospitaal in Pretoria gesels oor die simptome en behandeling van verskeie kop- en nekkankers. Maroela Media
-
Almero se musiek neem kykers verder in ‘Een keer om die son’
23/07/2024 Duration: 12minAlmero wou die temas van familie, geestesgesondheid en elkeen se soeke na hul plek in die wêreld in die musiek van “Een keer om die son” vasvang. Maroela Media
-
Biden onttrek té laat
22/07/2024 Duration: 01minJaco Kleynhans sê die Demokrate het die hele kwessie rondom pres. Joe Biden verkeerd hanteer. Maroela Media
-
Gesonde gesinne: Sê wat jy wil hê en nie wat jy sien nie
19/07/2024 Duration: 11minDit klink só eenvoudig as ʼn mens die ouerskapstegniek bespreek, maar hoekom is dit so moeilik om konsekwent toe te pas? Maroela Media
-
Jakkie Louw verskuif grense met rocktreffer
19/07/2024 Duration: 27min“Hierdie liedjie is baie rock en roll. AC/DC en Rammstein het ʼn kind gehad. En sy naam is ‘Donkie’. En hy is Afrikaans.” Maroela Media
-
Kom bid saam vir ontwortelde Christene in Afrika
18/07/2024 Duration: 16minElizabeth Botha van Geopende Deure Suider-Afrika het aanlyn met Maroela Media gesels en vertel van die getuienis van pastoor Barnabas en hoe hul organisasie hom en ander Christene in vlugtelingkampe op ons vasteland ondersteun. “Ten spyte van die haglike omstandighede waarin die vlugtelinge hulself bevind, is dit vir hulle wonderlik om God openlik in die kampe te dien – dit maak vir hulle ʼn reuseverskil.” Maroela Media
-
‘Sound of Silence’ steeds Ruhan du Toit se trots
17/07/2024 Duration: 20min“Dit is immergroenliedjies – goed wat almal ken. Of jy 80 of 18 jaar oud is, daar is musiek vir almal.” Maroela Media
-
Luister: ‘Opwinding van liefde’ inspireer nuwe Wikus Botma-snit
15/07/2024 Duration: 13min“Stadig oor die klippe” het hom laat terugdink aan die tyd wat hy en sy vrou ontmoet en verlief geraak het. Maroela Media
-
Riaan Benadé oor albums se ‘onverwagse’ wegholsuksesse
12/07/2024 Duration: 23min“Ek het nie ʼn idee gehad hoe ek dit gaan regkry om ʼn nuwe album te laat goed doen teenoor die vorige een nie.” Maroela Media
-
Gesonde gesinne: Herlei jou kind se aandag
11/07/2024 Duration: 10minHerleiding is ʼn uitstekende tegniek om in jou gereedskapskissie van ouerskapstegnieke te hê, maar jy moet dit weet wanneer om dit toe te pas. Dit is hoe dié tegniek werk. Maroela Media
-
Prop lewer ode aan Al Debbo-treffer
10/07/2024 Duration: 17min“Jy moet weet waar jy vandaan kom, anders weet jy nie waarheen jy op pad is nie.” Maroela Media
-
Musieksukses, prettige nuwe uitreiking vir Loufi
05/07/2024 Duration: 16min“Ek ry fiets en geniet die vars lug, ek het weer energie en is dankbaar vir die lewe. Ek is nou verslaaf aan goeie goed, gesondheid, vars lug, my familie en die lewe.” Maroela Media
-
‘Jeug gereed om verskil te maak met Koninkrykswerk’
05/07/2024 Duration: 08minKoninkrykswerk, die jeug en boodskappe van hoop is drie dinge wat Erich Posthumus na aan die hart lê, en ook die dinge wat hy as sy lewensdoel beskou. Maroela Media
-
ONS-sangeres vertel oor ‘tweede kans’ ná breinoperasie as kind
05/07/2024 Duration: 11min“Die Here het vir my ʼn tweede kans gegee.” Dit is Ruvé Erasmus (20) se siening oor die lewe nadat sy op sewejarige ouderdom ʼn breinoperasie ondergaan het. Maroela Media
-
Gesonde gesinne: Maak ’n konneksie voor korreksie
05/07/2024 Duration: 13minʼn Kind gaan nie luister indien jy sy of haar gedrag net in die verbygaan korrigeer nie. Lourindi Nel, ʼn kinder- en volwasseberader, benadruk in hierdie aflewering van Maroela Media se gesprekreeks wat fokus op ouerskapstegnieke vir gesonde gesinne hoekom jy eers op jou band met jou kind moet fokus. Maroela Media
-
Van komediant na sepiester, geloof dra Shimmy Isaacs
04/07/2024 Duration: 25minShimmy is nie skaam oor die pad wat sy met die Here stap nie. Te midde van bekommernisse en angs, glo sy dat jy net op een plek kan stil raak. Maroela Media
-
Janie Bay sing oor ʼn hart wat breek
28/06/2024 Duration: 14minDie liedjie gaan oor ʼn paartjie wie se paaie skei en die proses van aanvaarding en genesing wanneer jou hart gebreek word. Maroela Media