Maroela-onderhoude

  • Author: Vários
  • Narrator: Vários
  • Publisher: Podcast
  • Duration: 34:59:34
  • More information

Informações:

Synopsis

Ons gesels met interessante mense in ons ateljee.

Episodes

  • Nicholis Louw stort hart uit oor verlede, geloof

    01/08/2024 Duration: 32min

    Maroela Media het ʼn openhartige gesprek met hom gehad oor sy pad in die musiekbedryf, die gewaarwordinge wat hy deur die jare moes maak en die lesse wat hy op duur wyses moes leer. Maroela Media

  • Nuwe musiek vir ‘gelukkige, geseënde’ Elizma Theron

    01/08/2024 Duration: 19min

    “ʼn Mens dink baie keer jy weet wat jy wil hê, maar God weet wat jy nodig het. Die Here het my met ʼn ongelooflike man geseën, en ek is so dankbaar vir hom.” Maroela Media

  • Borsvoedingsweek | ‘Ondersteuning vir ma’s wat borsvoed broodnodig’

    01/08/2024 Duration: 21min

    Dr. Maretha Combrink klaar ook in die eerste episode van Maroela Media se podsendingreeks oor borsvoeding ʼn paar waar- en onwaarhede oor borsvoeding uit. Maroela Media

  • Stiller seisoen ʼn seën vir Bernice West

    31/07/2024 Duration: 17min

    “Dit is vir my belangrik dat mense besef dat die Here ons identiteit bepaal, niemand of niks anders op hierdie aarde nie.” Maroela Media

  • Aanhanger inspireer Jo Black se jongste snit

    31/07/2024 Duration: 13min

    “Mense het hulle swaar verdiende geld en kosbare tyd afgestaan om te kom sien hoe ek ʼn uur lank my passie uitleef. Die minste wat ek kan doen, is om 20 sekondes van my tyd terug te gee.” Maroela Media

  • ‘Fluit-fluit’, Jan-Matthys se storie beslis nog nie uit

    29/07/2024 Duration: 11min

    Dié voormalige Die Kontrak-finalis se eerste enkelsnit as solokunstenaar, “Fluit-Fluit”, beloof om voete vir die dansvloer te laat jeuk. Maroela Media

  • Gesonde gesinne: Maak jou kind se ja-beker vol

    26/07/2024 Duration: 09min

    Nee is vir Lourindi Nel, ’n noodwoord, ’n soort kodewoord waarop haar kinders moet let en weet hulle moet nou luister. Sy verduidelik hoekom niemand van ʼn nee hou nie en hoe ouers ’n bot nee kan verander in iets meer aanvaarbaar sonder om op grense of dissipline in te boet. Kom luister na die volledige onderhoud. Maroela Media

  • A cappella in Afrikaans bereik nuwe hoogtes

    25/07/2024 Duration: 12min

    “Die Atterbury Trust het verskeie fokuspunte. Die een is natuurlik studente, dan ook gemeenskap en kultuur. Wat vir ons so mooi is van die a cappella-kompetisie, is dat dit al ons fokuspunte so goed saamvat.” Maroela Media

  • Kop- en nekkankers – dís wat jy moet weet

    24/07/2024 Duration: 26min

    Dr. Johan Kluge en dr. Ben Moodie van die Cintocare privaat hospitaal in Pretoria gesels oor die simptome en behandeling van verskeie kop- en nekkankers. Maroela Media

  • Almero se musiek neem kykers verder in ‘Een keer om die son’

    23/07/2024 Duration: 12min

    Almero wou die temas van familie, geestesgesondheid en elkeen se soeke na hul plek in die wêreld in die musiek van “Een keer om die son” vasvang. Maroela Media

  • Biden onttrek té laat

    22/07/2024 Duration: 01min

    Jaco Kleynhans sê die Demokrate het die hele kwessie rondom pres. Joe Biden verkeerd hanteer. Maroela Media

  • Gesonde gesinne: Sê wat jy wil hê en nie wat jy sien nie

    19/07/2024 Duration: 11min

    Dit klink só eenvoudig as ʼn mens die ouerskapstegniek bespreek, maar hoekom is dit so moeilik om konsekwent toe te pas? Maroela Media

  • Jakkie Louw verskuif grense met rocktreffer

    19/07/2024 Duration: 27min

    “Hierdie liedjie is baie rock en roll. AC/DC en Rammstein het ʼn kind gehad. En sy naam is ‘Donkie’. En hy is Afrikaans.” Maroela Media

  • Kom bid saam vir ontwortelde Christene in Afrika

    18/07/2024 Duration: 16min

    Elizabeth Botha van Geopende Deure Suider-Afrika het aanlyn met Maroela Media gesels en vertel van die getuienis van pastoor Barnabas en hoe hul organisasie hom en ander Christene in vlugtelingkampe op ons vasteland ondersteun. “Ten spyte van die haglike omstandighede waarin die vlugtelinge hulself bevind, is dit vir hulle wonderlik om God openlik in die kampe te dien – dit maak vir hulle ʼn reuseverskil.” Maroela Media

  • ‘Sound of Silence’ steeds Ruhan du Toit se trots

    17/07/2024 Duration: 20min

    “Dit is immergroenliedjies – goed wat almal ken. Of jy 80 of 18 jaar oud is, daar is musiek vir almal.” Maroela Media

  • Luister: ‘Opwinding van liefde’ inspireer nuwe Wikus Botma-snit

    15/07/2024 Duration: 13min

    “Stadig oor die klippe” het hom laat terugdink aan die tyd wat hy en sy vrou ontmoet en verlief geraak het. Maroela Media

  • Riaan Benadé oor albums se ‘onverwagse’ wegholsuksesse

    12/07/2024 Duration: 23min

    “Ek het nie ʼn idee gehad hoe ek dit gaan regkry om ʼn nuwe album te laat goed doen teenoor die vorige een nie.” Maroela Media

  • Gesonde gesinne: Herlei jou kind se aandag

    11/07/2024 Duration: 10min

    Herleiding is ʼn uitstekende tegniek om in jou gereedskapskissie van ouerskapstegnieke te hê, maar jy moet dit weet wanneer om dit toe te pas. Dit is hoe dié tegniek werk. Maroela Media

  • Prop lewer ode aan Al Debbo-treffer

    10/07/2024 Duration: 17min

    “Jy moet weet waar jy vandaan kom, anders weet jy nie waarheen jy op pad is nie.” Maroela Media

  • Musieksukses, prettige nuwe uitreiking vir Loufi

    05/07/2024 Duration: 16min

    “Ek ry fiets en geniet die vars lug, ek het weer energie en is dankbaar vir die lewe. Ek is nou verslaaf aan goeie goed, gesondheid, vars lug, my familie en die lewe.” Maroela Media

page 5 from 8