Synopsis
Ons gesels met interessante mense in ons ateljee.
Episodes
-
Oranjerooi sonsak inspireer musiekgroep se egte klank
24/07/2025 Duration: 14min“Ek kan onthou ná ʼn dag wat ons musiek in Potchefstroom opgeneem het, het die son net so begin sak. As daar nou een ding is van Potch, dan is dit sy mooi sonsondergange.” Maroela Media
-
Wanvoeding kan ʼn kind se brein, hart én toekoms steel
23/07/2025 Duration: 10minMaroela Media het met dr. Marita Serfontein, ʼn geregistreerde dieetkundige, en Danelle du Plessis, koördineerder van Helpend Hand se Kosblikkie-projek, gesels oor die tekens van wanvoeding. Dr. Marita het verduidelik ʼn tekort aan yster, vitamien A en B12 is sigbaar op die tong, vel en oë van ʼn kind, maar die ware skade lê dieper. Sy en Danelle het ook vertel wat gedoen kan word om kinders te help. Kom luister na die volledige onderhoud boaan die berig. Maroela Media
-
Jong groep Nikotien vind voete op Afrikaanse rockmusiektoneel
17/07/2025 Duration: 10minDie groep, wat tussen hulle “meer grade as lede” het, het ontmoet as studente aan die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom. Maroela Media
-
Helpende Hand voed hoop, drome met Kosblikkie-projek
16/07/2025 Duration: 07minHonger kinders sukkel om te leer, maar Solidariteit Helpende Hand wil dit verander, een kosblikkie op ʼn slag. Kom luister hoe ʼn eenvoudige kosblikkie ʼn kind se lewe kan verander. Maroela Media
-
Pitt-sjarme in supersoniese renjaerfliek sal spoedvrate sus
11/07/2025 Duration: 02minEen van die beste renjaerrolprente ooit. Maroela Media
-
Nuwe horisonne wink vir Vrystaatse sanger Rudo
08/07/2025 Duration: 07min“Die liedjie vat ʼn baie groot deel van my lewe saam. My vrou kom van Pretoria af, en nadat ek ʼn paar keer vir haar gaan kuier het, het ek vir haar gesê dat ek nie in die stad aard nie; sy moet haar tasse vir Clarens pak.” Maroela Media
-
Uitdagende Vryfees-toneelstuk werp lig op mensehandel
03/07/2025 Duration: 14min“Met goed soos Joshlin Smith se saak het die kwessie rondom mensehandel vir baie mense ʼn realiteit begin word, en ons het besluit ons gaan in die diep kant induik en die tema uiteindelik takel.” Maroela Media
-
Snit kry ‘nuwe wiele’ vir Afrikaans 100
03/07/2025 Duration: 08min“Ek wou nooit in Afrikaans skryf nie, want ek was bang om die taal aan te vat. Al is dit my moedertaal, moes ek leer hoe om daarin te skryf en ek moes oefen, want om te kan sing en skryf is vaardighede wat jy kan verbeter.” Maroela Media
-
Vry om ander te bevry: Verslawingsberader ken pad van pyn
27/06/2025 Duration: 08min“Jou getuienis bewys aan ander dat jy dieselfde dinge oorkom het wat hulle gevange hou, en juis dít maak dit vir hulle makliker om dit ook te oorkom.” Maroela Media
-
‘Tyd vir dieper dinge,’ sê gewilde kletsrymer oor musiek
26/06/2025 Duration: 11min“Ek wil musiek maak wat mense veilig genoeg laat voel om ná ʼn optrede na my toe te kom en te sê dat hulle deur iets gaan. Dan sal ek sê: ‘Oukei, kom ons chat’.” Maroela Media
-
Vaderskap breek nuwe wêreld vir Refentse oop
20/06/2025 Duration: 09minDie dag wat Refentse pa geword het, het sy hele lewe verander. Maroela Media
-
Gesinne van verslaafdes verdien ook berading
20/06/2025 Duration: 10min“Navorsing toon dat verslawing van generasie tot generasie oorgedra word en dat dit aangeleerde gedrag is. Dis nie net die verslaafde wat in so ʼn siklus vasgevang is wat swaarkry nie, maar ook dié se geliefdes.” Maroela Media
-
Luister | Kabouterbos Kleuterskool is die plek waar kleintjies in Afrikaans kan gedy
18/06/2025 Duration: 03minOp 1 Julie open ʼn unieke Afrikaanse kleuterskool sy deure in Pretoria. Hier lê visie, waardes en hoop agter ʼn ruimte wat kinders se groei wil bevorder. Kom hoor hoekom die span van Die MOS Inisiatief dié droomprojek begin het – en hoe dit Afrikaans vier. Maroela Media
-
Stoepstories | Geloofsprong lei SA gesin na ‘idilliese eilandlewe’ in Mosambiek
17/06/2025 Duration: 17min“Ek dink hulle is stomgeslaan en kan nie glo hoe ons leef nie, maar hulle is ook mal daaroor. Dit is pragtig, dis teen die see met palmbome oral. Ek dink hulle is bly dat ons die kans gevat het.” Maroela Media
-
Is dit tyd vir ʼn nuwe Afrikaanse verjaarsdagliedjie?
09/06/2025 Duration: 08minKom luister ook na die onderhoud met Morné van Emmenes, bemarkingshoof by Virseker. Hy het in Maroela Media se ateljee kom kuier en met Mizanne van Wyk gesels oor Virseker se soektog na ʼn nuwe Afrikaanse verjaarsdagliedjie. Maroela Media
-
Vervolgingsondag plaas kollig op Christene se nood in Afrika
03/06/2025 Duration: 10minDie kerk in Afrika is die grootste en jongste ter wêreld, tog ervaar dit tans ʼn ongekende aanslag. Geopende Deure Suider-Afrika wil met die herdenking van Vervolgingsondag die soeklig op dié Christene se nood plaas. Kom luister ook na die volledige onderhoud met Elizabeth Botha, mediabeampte by Geopende Deure Suider-Afrika. Maroela Media
-
Franja wys haar ander, dieper kant
03/06/2025 Duration: 08min“Ek is beslis nog jonk van gees en jonk in my hart, maar ek voel nou anders oor sekere goed en sien uit daarna dat mense hierdie deel van my sien.” Maroela Media
-
Akteursvriende skuif saam agter mikrofoon in vir treffende duet
23/05/2025 Duration: 20min“Moenie dink nie, doen net” is die leuse waarmee akteurs Armand Aucamp en Christia Visser se karakters in die 2015-lokettreffer Ballade vir ʼn enkeling die lewe aangepak het. Met dieselfde ingesteldheid het dié dinamiese duo, en hegte vriende, hul talente saamgesnoer vir ʼn nuwe – en in Armand se geval, debuut – enkelsnit. Maroela Media
-
Leah spog met lied uit haar eie pen
19/05/2025 Duration: 10minMet lirieke soos “die lekkerste lekker ding om te doen is te soen” skerts sy dat die liedjie ook terugverwys na een van haar bekendste treffers. Maroela Media
-
Kitaarspeler betree kollig ná dekade agter skerms
18/05/2025 Duration: 17min“Ek dink Theuns het dalk destyds iets in my raakgesien wat ek nog nie in myself kon sien nie.” Maroela Media