Maroela-onderhoude

  • Author: Vários
  • Narrator: Vários
  • Publisher: Podcast
  • Duration: 34:59:34
  • More information

Informações:

Synopsis

Ons gesels met interessante mense in ons ateljee.

Episodes

  • Gesonde gesinne: Goeie ouers loop voor

    12/05/2024 Duration: 10min

    ʼn Ouer wat lei het ʼn selfversekerde kind. Dit is hoekom Lourindi glo ʼn ouer moet hulle leierskapsrol in die gesin opneem. Maroela Media

  • Wilma sing oor rolprentromanse in ‘Koebaai aan my hart’

    10/05/2024 Duration: 07min

    Haar debuutenkelsnit, “SySoen”, het ʼn jaar terug sy buiging op die Maroela Media Top-20-trefferparade in die no. 1-posisie gemaak en het sedertdien goue status bereik. Maroela Media

  • Gesonde gesinne: Verstaan jy jou kind se taal?

    09/05/2024 Duration: 10min

    Jy as ouer wil nie die heeltyd net reaktief en impulsief teenoor jou kind se gedrag optree nie. Dit is juis waarom dit so belangrik is om jou kind se gedrag te verstaan. Maroela Media

  • Vyf minute finansies: Die skuldstrik

    09/05/2024 Duration: 09min

    Maroela Media het hande gevat met Paul Roux van FinMeUp, ʼn groep kenners in finansiële beplanning en opvoeding, vir ʼn opwindende nuwe podsendingreeks wat geldsake vir Jan Alleman verteerbaar maak. In die jongste episode verduidelik hy die verskil tussen “goeie” en “slegte” skuld en deel praktiese wenke om jou skuld stuk vir stuk te takel. Maroela Media

  • Diaan Daniels gee wenke vir deftige drag

    08/05/2024 Duration: 06min

    In dié nuwe podsendingreeks deel Diaan Daniels unieke en praktiese wenke wat enigiemand, van matriekleerders, tot ma’s van bruide, sal help om die perfekte uitrusting vir die volgende spoggeleentheid te kies. Maroela Media

  • Gesonde gesinne: Hoe lyk ’n verhoudingsgedrewe gesin?

    03/05/2024 Duration: 11min

    Lourindi Nel verduidelik hoe noodsaaklik dit is om altyd in jou kind se span te wees. Maroela Media

  • Vyf minute finansies: Almal baat by beplanning

    03/05/2024 Duration: 06min

    Maroela Media het hande gevat met Paul Roux van FinMeUp, ʼn groep kenners in finansiële beplanning en opvoeding, vir ʼn opwindende nuwe podsendingreeks wat geldsake vir Jan Alleman verteerbaar maak. In die eerste aflewering vertel Paul meer oor sy liefde vir finansies en sy loopbaanreis na FinMeUp. Hy verduidelik ook waarom enigiemand, ongeag hul finansiële profiele, by beplanning sal baat. Maroela Media

  • Gehalteleierskap kan verpleging na ’n volgende vlak neem

    29/04/2024 Duration: 15min

    Maroela Media het met prof. Siedine Coetzee van die NWU gesels oor die werk wat haar navorsingsleerstoel doen om verpleegpersoneel te bemagtig. Coetzee het reeds talle artikels in die veld van verpleegkunde op nasionale en internasionale vlak gepubliseer en is nou besig om ʼn leierskapsinstituut vir verpleegkundiges te vestig. Maroela Media

  • Nuwe wind waai vir Sonja se ‘Harlekyn’

    28/04/2024 Duration: 19min

    “Dit maak my vreeslik opgewonde, en ek beskou dit as ʼn voorreg dat verskeie generasies nou my musiek kan ontdek óf herleef.” Maroela Media

  • Gesonde gesinne: Hoe lyk ’n gesin wat vreesgedrewe is?

    25/04/2024 Duration: 08min

    Lourindi Nel verduidelik wat gebeur in ʼn kind se gedagtes wanneer ons herhaaldelik ons ouerlike magsposisie gebruik om dissiplinêre doelwitte te behaal. Maroela Media

page 8 from 8