Synopsis
Ons gesels met interessante mense in ons ateljee.
Episodes
-
Proteïene: Wondervoedingsmiddel of dieetfoefie?
19/09/2025 Duration: 18minIn die eerste episode gesels ons met Chanelle Retief, ʼn dieetkundige en eienaar van die dieetkundige praktyk NutriFundi, oor die boustene van proteïene en of dit werklik nodig is om in ál jou maaltye in te werk. Maroela Media
-
Marthlé se Kraak Beskuit verower harte, en joune kan ook
18/09/2025 Duration: 13minDié voormalige onderwyseres vertel hoe ʼn baksel beskuit haar lewe onherroeplik verander het en bewys het familie, tradisie en ʼn skeppende hand kan die resep vir sukses wees. Maroela Media
-
Nuwe musiek vir Robbie Wessels in egte storievertelstyl
16/09/2025 Duration: 12minRobbie Wessels se nuwe vollengte-album het onlangs die lig gesien, maar ná al die jare huiwer hy steeds nie om vir aanhangers die “Leeuloop” “stap vir stap” te verduidelik nie. Maroela Media
-
Só vloei musiek in vierde geslag Heuer-musikant se are
15/09/2025 Duration: 08min“Ek voel baie keer soos ʼn middel waardeur God musiek laat vloei en het dit my missie gemaak om vir Afrikaanse mense musiek te bring.” Maroela Media
-
Afrikaner diaspora wil hul identiteit, taal en kultuur vier
12/09/2025 Duration: 20minMyHartland is ʼn digitale platform wat Afrikaners wêreldwyd help om hul identiteit, taal en kultuur lewendig te hou. Nicolien Welthagen van die SNI vertel meer oor hulle navorsing oor die Afrikaner-diaspora en verduidelik hoe MyHartland ʼn brug bou tussen Afrikaners oor die wêreld heen. Maroela Media
-
'Jesus’-kletsbotte wek etiese vrae onder gelowiges
12/09/2025 Duration: 11min“Ware kennis van KI kan ons help om die konteks en genre van tekste in die Bybel te verstaan, en gee vir ons ʼn goeie idee van waar die teks in die geskiedenis en ook in God se geskiedenis met die mens geplaas word, sodat die Woord aktueel bly.” Maroela Media
-
‘Diabetes nie ʼn resies nie,’ sê jare langer lyer
12/09/2025 Duration: 14min“Diabetes beïnvloed jou lewe op verskillende maniere. Dit is soos ʼn kleuter in die huis wat voortdurend versorg moet word. My hele lewensuitkyk het verander nadat ek gediagnoseer is.” Maroela Media
-
Energieke bootskaatser ry nou Afrikaanse musiekgolf
12/09/2025 Duration: 09min“Ek hou daarvan om nuwe dinge te probeer en gee nie om om my kop te stamp nie. Ek dink mense moenie so ʼn groot ding maak van goed wat verkeerd loop nie.” Maroela Media
-
Ruan Tennant gee nuwe lewe aan Carike-treffer van ouds
08/09/2025 Duration: 10min“As kind het ‘Hoeka toeka’ vir my baie vreugde gebring, en Carike is steeds vir my ʼn ikoon. Die liedjie het ʼn lekker skop, en dit het my altyd goed laat voel.” Maroela Media
-
Skoolbenodighede is die verskil tussen hoop en wanhoop
05/09/2025 Duration: 09minAs ʼn maatskaplike werker het Chandré Oosthuizen al eerstehands die invloed gesien wat iets soos ʼn skooltas op ʼn kind het. Sy het in Maroela Media se ateljee hieroor kom gesels. Maroela Media
-
‘Jy is wat jy eet,’ sê dokter oor diabetes
05/09/2025 Duration: 17minIn die eerste episode van Maroela Media se podsendingreeks oor diabetes, werp dr. Marlé van der Merwe lig op die verskille tussen tipe 1- en tipe 2-diabetes, asook tekens van dié siektetoestand. Maroela Media
-
Nádine gee Karin Hougaard-treffer nuwe asem
01/09/2025 Duration: 14minDie sprankelende sangeres vertel in Maroela Media se ateljee sy het aanvanklik net beplan om die liedjie op Steve Hofmeyr se Ikoon-konsert te sing en het nooit gedink sy gaan dit opneem nie. Maroela Media
-
Pieter Koen terug agter mikrofoon
29/08/2025 Duration: 10min“Belangrikste van alles was dit vir my ʼn manier om hulde te bring aan ʼn goeie vriend, asook een van die beste Suid-Afrikaanse kunstenaars van sy era.” Maroela Media
-
Kritiese denke op voorgrond by Affies-redenaars
28/08/2025 Duration: 09minAffies het vanjaar ʼn allemintige 14 leerders in 15 kategorieë by die ATKV-redenaarskompetisie se landsfinaal gehad. Drie leerders het by Maroela Media in die ateljee gekuier en is juis uitgedaag om oor kritiese denke onder die jeug te redeneer. Maroela Media
-
Krone-droom word waar vir Danny Smoke
26/08/2025 Duration: 08min“Die groot verhoog, die ligte – dis alles net asemrowend. Dit is die meeste opwinding wat jy ooit in een vertoning sal beleef.” Maroela Media
-
Sangers vorm musiekduo ná liefde op verhoog blom
23/08/2025 Duration: 15min“Terwyl ons gesing het, het ek haar deur my sonbril dopgehou. Ek het sommer geweet wanneer ons optrede verby is, gaan ons sokkie tot die môrester opkom.” Maroela Media
-
Vier 50-jarige mans wil Afrikaans en die lewe vier
23/08/2025 Duration: 14min“Dit is 2025, al vier van ons is 50 jaar oud en in 1975 gebore, en Afrikaans is 100 jaar oud. 2025 is die jaar waarin ons al hierdie begrippe kan saamsnoer in een begrip, ‘Die Vyftigers’.” Maroela Media
-
Bernice West oor ma-wees en nuwe musiek
22/08/2025 Duration: 04min“Dit bly ʼn groot voorreg, die voorreg om lewe te kan bring in hierdie wêreld is amazing. Elke keer wanneer ons vir Lua kyk, is daar ʼn gevoel wat mens nie kan verduidelik nie.” Maroela Media
-
‘Elke liedjie vertel eie storie,’ sê Jaid River
14/08/2025 Duration: 09min“ʼn Mens moet eintlik met oorfone na die liedjie luister, want dan kan jy ervaar hoe kitaarklanke eers in die een oor, dan in die ander opklink. Presies asof die klank deur toutjies van die een kant na die ander getrek word.” Maroela Media
-
KKNK-verhoog rede vir haar musiekdroom
14/08/2025 Duration: 08min“Toe my voete op daardie verhoog land, het ek geweet musiek is wat ek wil doen. Ek is baie bevoorreg en geseënd dat ek my musiekdroom voltyds kan najaag.” Maroela Media