Synopsis
Ons gesels met interessante mense in ons ateljee.
Episodes
-
Ivan, Donnalee oor kykNET-gesinsreeks; ‘ons wil gesprekke oopbreek’
28/06/2024 Duration: 19minHul jongste projek kombineer nou juis hul passie vir familie én kragtige storievertelling deur onderwerpe te takel waarmee hul glo elke gesinslid sal kan identifiseer. Maroela Media
-
Gesonde gesinne: Rus jou toe met ouerskapstegnieke wat werk
28/06/2024 Duration: 14minLourindi sê ouers kan hulleself maar vergewe as hulle nie altyd proaktief optree nie. Maroela Media
-
Engelbert Humperdinck nog lank nie klaar gewals
27/06/2024 Duration: 15minDie internasionale superster Engelbert Humperdinck maak binnekort ʼn Suid-Afrikaanse draai. Hy het met Maroela Media oor sy liefde vir musiek en sy dekadeslange loopbaan gesels. Maroela Media
-
‘Spreek lewe oor jou drome,’ sê Leandie du Randt
21/06/2024 Duration: 24minDeur haar lewe en loopbaan het Leandie talle gewaarwordinge gehad. Vandag, in hierdie lewensfase waarin sy haarself tans bevind, is daar een lewensles wat veral vir haar uitstaan. Maroela Media
-
Gesonde gesinne: Help jou kind om veilig te voel ná trauma
21/06/2024 Duration: 15minLourindi sê ʼn ouer het net een prioriteit as dit kom by die bestuur van ʼn kind se traumagedrewe gedrag. Maroela Media
-
Werner van der Hoven maak musiek in sy hart se taal
21/06/2024 Duration: 12minHy is eintlik ʼn diep ou, sê Werner in Maroela Media se ateljee, en vertel hy geniet dit om dieper liedjies te skryf en sing, al is dit nie altyd wat gehore op vertonings wil hoor nie. Maroela Media
-
Vyf minute finansies: Maak kennis met kriptogeld
20/06/2024 Duration: 08minIn die laaste episode van dié podsendingreeks poog Paul Roux van FinMeUp om dié rewolusionêre finansiële struktuur vir Jan Alleman te vereenvoudig. Maroela Media
-
Demi Lee koer oor sukses van jongste wegholtreffer
20/06/2024 Duration: 10min“Ek is nou in my verlief-era, wat ‘Net myne’ so perfek maak vir hierdie fase van my lewe.” Maroela Media
-
‘Plaasjapie’ se ‘konkelkoning’ sê oor trekpas, strategieë
15/06/2024 Duration: 15minEtienne de Villiers is as die kykNET-program Plaasjapie se “konkelkoning” gedoop en het danksy sy strategieë en veranderende bondgenootskappe opnuut bewys watter skaakspel nodig is wanneer dit by werklikheidsreekse van dié aard kom. Maroela Media
-
Plattelandse pret inspireer Richann se solo-debuut
14/06/2024 Duration: 05minDié voormalige ‘Boer soek ʼn vrou’-deelnemer verklap ook hoe dit tans met sy eie liefdeslewe gaan. Maroela Media
-
Vyf minute finansies: Het eiendom nog beleggingswaarde?
13/06/2024 Duration: 05minIs dit tans beter om eiendom te koop of huur? Maroela Media
-
Gesonde gesinne: Hoe gemaak met my kind se onvanpaste sosiale gedrag?
13/06/2024 Duration: 11minHoe maak ʼn mens met jou ouer kind of tiener se onvanpaste sosiale gedrag? Sy meen dis hier belangrik om jou kind te help om selfinsig te ontwikkel. Maroela Media
-
Diaan Daniels sê waarom kurwes die kollig verdien
11/06/2024 Duration: 07minDie gesogte modeontwerper en televisiepersoonlikheid Diaan Daniels glo egter dat kurwes die kollig verdien en deel in dié podsending wenke sowel as die foute wat hy geglo gemaak word wanneer dit by deftige drag in plusgrootte-mode kom. Maroela Media
-
Mej. SA-skoonheid neem groot musieksprong
07/06/2024 Duration: 23min“Die tyd was net heeltyd nie reg vir die enkelsnit om te gebeur nie. Uiteindelik hierdie jaar, nadat alles stil geword het, kon ons begin werk aan die enkelsnit.” Maroela Media
-
Emo Adams ‘gemaak om te vermaak’
07/06/2024 Duration: 15min“Of daar vyf, 55, 550 of 5 000 mense sit, my optredes en energie is presies dieselfde. Ek dink dis hoekom ek met sukses geseën is, want ek aanvaar niks as vanselfsprekend nie.” Maroela Media
-
Gesonde gesinne: Is my kind stout of op ’n ontdekkingsreis?
07/06/2024 Duration: 09minLourindi Nel verduidelik waarom ʼn kind hierdie soort gedrag herhaal, ten spyte daarvan dat dit ontmoedig word of selfs negatiewe gevolge het. Maroela Media
-
Passie, geloof dryf Appel se musieksukses
07/06/2024 Duration: 19min“Dit is vir my ʼn ongelooflike voorreg, passie en gawe om musiek te kan maak. Ek dink nie die Here sit so iets in jou vermoë om dit net te doen as ʼn stokperdjie nie.” Maroela Media
-
Vyf minute finansies: ‘B’ is vir belê
07/06/2024 Duration: 06minMaroela Media het hande gevat met Paul Roux van FinMeUp, ʼn groep kenners in finansiële beplanning en opvoeding, vir ʼn opwindende nuwe podsendingreeks wat geldsake vir Jan Alleman verteerbaar maak. In die sesde episode gesels Paul oor die basiese beginsels van beleggings en verduidelik waarom daar nie op eie bodem belê moet word nie. Maroela Media
-
Platejoggie lewer ode aan ‘80’s-supersterre’
06/06/2024 Duration: 12min“Soos wat die kinders van vandag na Ricus Nel en Riaan Benadé luister, het ek Gé Korsten en Anneli van Rooyen geken.” Maroela Media
-
Diaan Daniels se wenke vir strooimeisies en -jonkers
05/06/2024 Duration: 05minIn hierdie episode verduidelik hy hoe die bruidspaar eenvormigheid kan behou, maar steeds die individualiteit van hul strooimeisies en -jonkers kan vier. Maroela Media