Synopsis
RSG Geldsake is die grootste sakeprogram in Suid-Afrika. Dit fokus op die belangrikste sakenuus, menings en beleggingsinsigte. Andries van Zyl bied die program aan. RSG Geldsake word elke weeksdag tussen 18:30 en 19:00 op RSG (101 104fm) uitgesaai.
Episodes
-
Oorsig van mynbou in 2024
12/12/2024 Duration: 09minWilhelm Hertzog, portefeuljebestuurder by Rozendal Vennote gesels oor mynbou in 2024. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Ekonomiese transaksies en vervaardigerspryse bly stabile
12/12/2024 Duration: 05minLisette IJssel de Schepper, senior ekonoom van die Buro vir Ekonomiese Navorsing (BER), gesels oor die jongste BETI- en PPI-syfers en wat dit vir Suid-Afrika se ekonomie beteken. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Privaatprodusente beweeg al nader aan elektrisiteitsvoorsiening
12/12/2024 Duration: 06minDaar word al lank gesels oor onafhanklike kragvoorsieners, maar meer as 'n jaar na 'n konferensie oor private deelname, het 'n versoek om inligting uiteindelik verskyn. Antoinette Slabbert, senior verslaggewer van Rapport gesels hieroor. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Hulpbronne leef swaar op die JSE vandag
12/12/2024 Duration: 09minOmri Thomas, direkteur by Abax Investments gesels oor Barloworld se uitkoop-aanbod, Transaction Capital se winssyfers, en hulpbronaandele. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
RSG Geldsake met Moneyweb – Donderdag 12de Desember 2024
12/12/2024 Duration: 49minTinus de Jager – Moneyweb Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Wat gaan volgende jaar met kripto gebeur?
11/12/2024 Duration: 07minMarius Reitz, hoofbestuurder van Luno Afrika gesels oor die jongste neigings in die kriptomark en wat ons in 2025 kan verwag. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Hierdie is wat jongmense nodig het in die werkplek
11/12/2024 Duration: 07minRoelita Cloete, projekdirekteur by Saica verduidelik hoe besighede jong talent kan aanwend om 'n volhoubare en vaardige werksmag te skep. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Rooivleisuitvoere styg met 25%
11/12/2024 Duration: 06minDewald Olivier, bestuurshoof van Red Meat Industry Services (RMIS) gesels oor rooivleisuitvoere wat styg. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Beleidsveranderinge raak skrootwerkers
11/12/2024 Duration: 06minDie skrootmetaalbedryf word al sedert 2013 gereguleer, toe die regering die prysvoorkeurskema ingestel het. Amanda Visser, vryskutjoernalis wat XA Trade Advisors se voorlegging oor die stand van die bedryf bygewoon het, gesels oor die beleidsveranderinge. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Inflasie styg minder as wat verwag is
11/12/2024 Duration: 06minDie jongste inflasiesyfers vir Suid-Afrika is vanoggend deur Statistieke Suid-Afrika bekendgemaak. Dr Christie Viljoen, senior ekonoom van PWC gesels hieroor. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Kleinhandelverkope styg met meer as 6% in Oktober
11/12/2024 Duration: 07minJohan Gouws, hoof van welvaartadviesdienste by PPS gesels oor kleinhandelverkope. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
RSG Geldsake met Moneyweb – Woensdag 11de Desember 2024
11/12/2024 Duration: 43minTinus de Jager – Moneyweb Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Tariewe laat uitvoergroei van sitrus na Indië struikel
10/12/2024 Duration: 05minDeon Joubert, spesiale gesant oor marktoegang en EU-sake by die Suid-Afrikaanse Sitruskwekersvereniging verduidelik hoekom uitvoergroei van sitrus na Indië struikel. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Sjina sukkel steeds om te groei
10/12/2024 Duration: 06minFrancois Stofberg, senior ekonoom by die Efficient-groep gesels oor Sjina wat sukkel om te groei. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Wat is jou plig ten opsigte van trustbelasting
10/12/2024 Duration: 09minMichael Graskie, senior spesialis in die Trust-eenheid by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) gesels oor trusts en belasting. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Aanslag op die informele sektor doen skade aan die verskaffers
10/12/2024 Duration: 06minMartin van Staden, hoof van beleid by die FMF gesels oor die aanslag op die informele sektor. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Mynbouproduksie skiet tekort aan die verwagte syfers
10/12/2024 Duration: 07minSuid-Afrika was die wêreld se mees aantreklike bestemming vir mynbou, maar vandag is die prentjie anders. Wilhelm Hertzog, portefeuljebestuurder, Rozendal Vennote gesels hieroor. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Die rand staan sterk teen die Amerikaanse dollar
10/12/2024 Duration: 05minChantal Marx, hoof van beleggingsnavorsing by FNB Wealth gesels oor die markte. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
RSG Geldsake met Moneyweb – Dinsdag 10de Desember 2024
10/12/2024 Duration: 43minTinus de Jager – Moneyweb Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Daar is ‘n nuwe standaard vir tegnologiese ontwikkeling
09/12/2024 Duration: 08minHerna Mayer, bestuurshoof van Innocentrix gesels oor 'n nuwe standaard in innovasiebestuur. Volg RSG Geldsake op Twitter