Maroela-onderhoude

  • Author: Vários
  • Narrator: Vários
  • Publisher: Podcast
  • Duration: 34:59:34
  • More information

Informações:

Synopsis

Ons gesels met interessante mense in ons ateljee.

Episodes

  • Gids betrek ouers, onderwysers by kinderkerkbediening

    12/12/2024 Duration: 18min

    "Om die jonges te bereik is ʼn spansport. Ons het die onderwysers, ouers en Sondagskoolwerkers nodig.” Maroela Media

  • Luister | Waarskuwingstekens oor kindermishandeling

    12/12/2024 Duration: 13min

    Dit is baie anders om kinders te help, as volwassenes, want die Kinderwet speel ʼn rol. Daar is sekere waarskuwingstekens waarna ʼn mens moet kyk, maar wanneer jy bekommerd oor ʼn kind is, is dit die veiligste om direk met ʼn maatskaplike werker kontak te maak. Maroela Media

  • Luister | Is welsyn ʼn nuttelose situasie?

    12/12/2024 Duration: 10min

    Is hulp ʼn nuttelose situasie? Die kort antwoord is: Nee, dit is nooit nutteloos nie. Ons het die roeping om ander te help, en dit is ons verantwoordelikheid om ander te help – maar dit moet met ʼn plan wees. Maroela Media

  • Luister | Soms is help sleg

    12/12/2024 Duration: 08min

    Is dit moontlik dat hulp soms meer skade doen as skade verlig? Dit is die vraag wat bespreek word. Ongelukkig het mense van nature die wil om te help, maar hierdie hulp moet nie die persoon wat jy help afhanklik maak nie. Wanneer ʼn persoon op ʼn negatiewe manier gehelp word, al is die bedoelings goed, word hulle selfbeeld negatief aangetas en beperk ons hulle vermoë om self uit die moeilikheid te kom. Maroela Media

  • Luister | Leer jou kind om te help

    12/12/2024 Duration: 11min

    Enigiemand het die vermoë om te kan help, maar hulle kort soms leiding om reg te help. Soos die Engelse spreekwoord lui: Charity begins at home. Jy moet jou kinders leer om in hulle onmiddellike omgewing verantwoordelikheid te neem. Maroela Media

  • Robbie Kruse ‘Klein paradys’ se rasieleier

    11/12/2024 Duration: 16min

    Robbie is ʼn besige man – hy was nog altyd iemand wat sy oog op die volgende uitdaging gehou het. Maroela Media

  • Hoe lyk my Nuwejaarsvoorneme as Christen?

    09/12/2024 Duration: 14min

    “Dit sal interessant wees om te sien hoeveel mense die Here oor Nuwejaarsvoorneme raadpleeg.” Maroela Media

  • Niks nuuts in tweede ‘Moana’

    05/12/2024 Duration: 01min

    Soms dink ʼn mens: Kyk ek nou na “Moana”, of is dit “Moana 2”? Maroela Media

  • Prioritiseer só jou gesin se geestesgesondheid

    04/12/2024 Duration: 12min

    “Mense gaan baie maklik vir hul jaarlikse ondersoek na ʼn dokter toe om te sien of alles nog reg is. Niks keer jou om dieselfde met jou geestesgesondheid en verhoudings te doen nie.” Maroela Media

  • Huwelik inspireer nuwe Deon Groot-snit

    04/12/2024 Duration: 09min

    “ʼn Verhouding moet ʼn bietjie spelerig wees, en ek het sommer vir skoonma en -pa ook by die liedjie ingegooi.” Maroela Media

  • Gospelsanger deel hoop, bemoediging in Kersseisoen

    04/12/2024 Duration: 15min

    As geestelike leier meet hy nie die sukses van sy musiek aan die toekennings of benoemings wat dit ontvang of speellyste waarop dit koning kraai nie. Vir hom is die maatstaf eerder of God deur sy musiek in mense se harte kan werk. Maroela Media

  • Leah, Marno van der Merwe eersdaags in prettige pantomime

    03/12/2024 Duration: 08min

    Die gewilde sangeres Leah vertolk die rol van Aspoestertjie, terwyl Marno van der Merwe as die prins en Carmen Pretorius as die bose stiefma te siene is. Maroela Media

  • 'Brannewynlippe’-sanger praat oor pa word, sosiale media

    30/11/2024 Duration: 17min

    Hy het pas sy jongste enkelsnit, “Yskoue bier”, uitgereik. Maroela Media

  • Hoe behoort Christene Kersfees te vier?

    27/11/2024 Duration: 15min

    “Die tyd rondom Kersfees is ʼn gulde geleentheid om stil te raak en oor jou eie geloofslewe te besin. Dink hoe jy jou geloof kan versterk, nader aan God te leef, en hoe jy ander kan dien.” Maroela Media

  • ‘BSV’ ʼn ‘gebedsaak’ vir nuwe aanbieder Reandi Grey

    22/11/2024 Duration: 16min

    Die krulkopaktrise het in Maroela Media se ateljee gesels oor haar nuwe rol as aanbieder van ‘Boer soek ʼn vrou’. Maroela Media

  • Kom só jou fiksheidsvoorneme na

    22/11/2024 Duration: 11min

    “Dis belangrik om iets te kies wat jy geniet om te doen en om realistiese doelwitte te stel.” Maroela Media

  • Liefde blom ‘onverwags’ vir rocker, aktrise

    22/11/2024 Duration: 19min

    Die uitkoms van hierdie “lang gewag” word nou boonop in ʼn nuwe lied, en Ard se Afrikaanse enkelsnit, “Die Rede” vasgevang en gevier. Maroela Media

  • ‘Geloofsbroers’ Retief, J Ross aanbid saam deur musiek

    21/11/2024 Duration: 12min

    “In ons tale en verskille kan ons een in Christus wees,” sê Retief. Maroela Media

  • Liefdesverhaal vervat in duo Skemer se musiek

    19/11/2024 Duration: 08min

    “Ons het in die ateljee ontmoet, en dit het net een soen gevat toe is ons verlief. Agt maande later is ons getroud.” Maroela Media

  • Geen kind behoort oor Kersfees alleen te wees

    18/11/2024 Duration: 13min

    Elizabeth Botha, mediabeampte by Geopende Deure Suider-Afrika, het met Esté Meyer Jansen van Maroela Media gesels oor die Children at Christmas-veldtog. Sy deel die getuienis van Moryom, ʼn Christen-kind in Bangladesji wat weens haar geloof in Jesus, vervolging ervaar het. Maroela Media

page 1 from 8