Synopsis
Aktuele sake en interessanthede oor die Afrikaanse taal word bespreek.
Episodes
-
Taaldinge
16/08/2020Die Stigting vir die Bemagtiging deur Afrikaans is 'n geletterdheidstrust wat 'n verskil in die Wes-Kaapse gemeenskappe wil maak deur Afrikaans. Magdaleen Krüger gesels die SBA se uitvoerende hoof, dr. Niel le Roux, en met die voorsitter van die direksie, Sandra Prinsloo, oor die relevansie van 'n slegs Afrikaans-uitgangspunt en of die stigting al in 'n meertalige rigting beweeg het.
-
Taaldinge
24/05/2020Die afgelope week is verskeie ATKV Veertjie-toekennings gemaak. Een daarvan gaan aan Frieda van den Heever en haar program, Voetsoldaat van die Vers, wat oor die digter Clinton V. du Plessis gaan. DIt is verlede jaar as deel van RSG Skatkis uitgesaai. Luister weer na hierdie bekroonde hoorbeeld.