Middagvervolgverhaal (rsg Potgooi)

  • Author: Vários
  • Narrator: Vários
  • Publisher: Podcast
  • More information

Informações:

Synopsis

'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.

Episodes

  • Middagvervolgverhaal

    06/10/2020

    'n Gesprek oor die Groot Oorlog lei tot 'n morbiede atmosfeer in die Campbell huishouding. Hans is bekommerd oor sy eerste boksles by Barnie Zilburg. Frank maak 'n bekentenis aan Ada wat haar diep ontstel.

  • Middagvervolgverhaal

    05/10/2020

    Nadat Hans nog net vier dae weg van die huis af is, skryf Pollie al haar eerste brief vir hom. Robert glo werk op die buurplase om ekstra sakgeld te verdien, het meer meriete as om saans vroeër met huiswerk klaar te kry.

  • Middagvervolgverhaal

    02/10/2020

    Robert en Hans is bekommerd oor wat van hulle verwag sal word in die skoolkonsert. Flossie vra hulle om haar te help, en 'n verskuilde dreigement laat hulle nog meer bekommerd. Martha word gevra om te help met die maak van wors en die bak van koek vir die viering van Richard Nortje se vyftigste verjaardag, want die hele omgewing word uitgenooi. Robert is geskok dat Hans nie die beste musikante in die Baviaanskloof ken wat gaan sorg vir die musiek by die geleentheid nie.

  • Middagvervolgverhaal

    01/10/2020

    Hoe meer Hans hoor van die geheimsinnige Donkerkloof, hoe meer raak hy nuuskierig om daarheen te gaan. Martha se vrae oor Kosie Schreuder krap Flossie om.

  • Middagvervolgverhaal

    30/09/2020

    Op die eerste dag van die nuwe skooljaar, ontdek Flossie gevoelens in haarself wat haar onseker laat. Hans is terneergedruk omdat hy glo hy het 'n gek van homself in die klas gemaak. Robert laat hom beter voel deur hom te waarsku teen Betta Stroebel.

  • Middagvervolgverhaal

    29/09/2020

    Die nuwe skoolhoof, Kosie Schreuder, beïndruk die gehoor met sy toespraak. Flossie is verras om haar ouers by die eerste skooldag te sien, en Frank is bekommerd oor die vrae wat Martha aan die nuwe skoolhoof stel.

  • Middagvervolgverhaal

    28/09/2020

    Hans hoor vir die eerste keer van Donkerkloof, die spooknes. Hendrik is verras om Frank en Martha raak te loop en nooi Frank om te kom skyfskiet, veral omdat hy vir hom 'n nuwe lemetford gekoop het.

  • Middagvervolgverhaal

    25/09/2020

    Op die skoolterrein word Hans verras deur die plek waar die Onder-Klowers bymekaar kom, en hy kom onder die indruk van Robert se heldeverering vir sy oom, Hendrik Smith. Frank raak bekommerd oor planne wat hy vermoed Martha in die mou voer.

  • Middagvervolgverhaal

    24/09/2020

    Robert vertel Hans hoekom daar so baie Smiths in die Baviaanskloof woon. By die skool stel die beeldskone Nonnie en Elbie Hans in die verleentheid.

  • Middagvervolgverhaal

    23/09/2020

    Op pad na die stalle om te gaan melk, vind Robert 'n paar dinge uit oor die nuwe skoolhoof, wat hom 'n bietjie bekommerd laat. Martha konfronteer Frank oor die uitnodiging aan ouers om die openingsdag van die skooljaar by te woon waarvan hy haar nie vertel het nie. Robert bak Hans 'n poets met die melkery van die twee koeie, Ousus en Angelier.

  • Middagvervolgverhaal

    22/09/2020

    Hans is opgewonde om te hoor dat Barnie Zilburg hom kan leer boks. Ada wil by Flossie weet hoekom sy op byna veertigjarige ouderdom nog nie getroud is nie. Toe Hans droom oor die pragtige Nonnie en Elbie wat hy ontmoet het, waarsku Robert hom teen Ousus en Angelier...

  • Middagvervolgverhaal

    21/09/2020

    Flossie laat Hans en Robert duidelik verstaan die nuwe skoolhoof sal hulle nie toelaat om nie deel van die groot skoolkonsert te wees nie. Robert is bekommerd oor die vooruitsig, omdat Hans hom waarsku dat 'n konsert saam met meneer Schreuder bloedsweet verg. Hans trek vir die eerste keer bokshandskoene aan en kry die skok van sy lewe!

  • Middagvervolgverhaal

    18/09/2020

    Hans erken sy diepste vrees teenoor Ada en Robert, wat heerlik daaroor lag. Gelukkig ontlont Ada gou die situasie. Frank spel die reëls vir Hans en Robert uit, en waarsku hulle om dit nie ligtelik op te neem nie.

  • Middagvervolgverhaal

    17/09/2020

    Hans sien sy ouma Pollie vir die eerste keer in baie jare. Hy is verstom oor wat hy sien op haar plaas, Sewefontein.

  • Middagvervolgverhaal

    16/09/2020

    Hans vind uit wat 'n wildedruif is en word aangenaam verras deur sy aanvanklike belewenis van Kleinpoort. Hy is egter geskok om te verneem watter sportvooruitsigte daar by die skool op hom wag.

  • Middagvervolgverhaal

    15/09/2020

    Gestrand tussen twee driwwe, daag daar hulp vir Faans en sy gesin uit 'n onverwagte oord op. Hans leer nog 'n paar feite oor die Baviaanskloof wat hom heimlik onrustig stem.

  • Middagvervolgverhaal

    14/09/2020

    Die rit na Kleinpoort verloop voorspoedig en sonder voorval, totdat die remme nat word in een van die driwwe, en Faans se haas om terug te kom by die huis, hom te vinnig laat ry...

  • Middagvervolgverhaal

    11/09/2020

    Die aanvanklike stram atmosfeer in die motor word oplaas meer gemoedelik en Hans hoor by Faans en Pollie van 'n voorspelling uit die vorige eeu, wat hom baie ongerus laat voel oor die toekoms.

  • Middagvervolgverhaal

    10/09/2020

    Hans deel 'n geheim met Kieriekop wat hom ontstel. Terug op Hoekplaas is Pollie geskok om te sien hoe gehawend Hans lyk. Faans se motor wil nie met die slinger aan die gang kom nie, en moet uiteindelik deur die plaaswerkers gestoot word, voor die rit na Kleinpoort, veel later as wat Faans beplan het, kan begin.

  • Middagvervolgverhaal

    09/09/2020

    Onderweg na Nuwekloof met hulle fietse om twee gelling petrol by Manie Terblanche te gaan haal, vertel Hans vir Kieriekop hoekom hy liewer na die dorpskool op Willowmore sou wou gaan as na die tweemanskooltjie op Kleinpoort. Hulle kry onverwags ernstige teëspoed wat veroorsaak dat Hans noodgedwonge sy fiets vir die res van die tog na Nuwekloof en terug huis toe sal moet stoot.

page 1 from 2