Synopsis
Podcast by NB Publishers
Episodes
-
Twee digters tesame: Nathan Trantraal en Ronelda Kamfer
09/04/2020 Duration: 56minMet Chinatown en Oolog publiseer die Trantraals, Ronelda Kamfer en Nathan, vir die eerste keer (amper) saam. In hul onderskeie bundels ondersoek Ronelda geslagspolitiek, vrouemishandeling en die gebroke verhouding tussen ’n dogter en pa; en Nathan, oorlogvoering, ook in die persoonlike, intieme ruimte. Hoe, wil professor Louise Viljoen weet, maak hulle ’n huweliksverhouding, kind grootmaak én skep onder een dak werk? Luister hier na hul gesprek wat by die Toyota US Woordfees 2020 plaasgevind het.
-
Die Bybel In Fokus op Radio Kaapse Kansel
08/04/2020 Duration: 08minLuister hier na ‘n kort boekbespreking van Die Bybel in fokus deur Louis Jonker, een van die medeskrywers, soos uitgesaai op Radio Kaapse Kansel. Ons glo in God en in die Bybel, tóg beteken dit nie dis maklik om die Bybel te lees en te verstaan nie. Die Bybel is ’n merkwaardige boek en word elke dag deur miljoene mense oor die hele wêreld gelees, maar wat doen ons met problematiese tekste wat sê ons mag nie varkvleis eet nie, en wat handel oor homoseksualiteit en streng geslagsrolle? Die Bybel in fokus is 'n hulpmiddel om die Bybel krities, maar gelowig te lees. Dit verduidelik struikelblokke in die lees van die Bybel en gee hulpmiddels hoe om van die struikelblokke ontslae te raak. Dit bied ons ook vastrapplekke om opnuut God se stem uit die Bybel te hoor. Bestel Die Bybel in Fokus by jou naaste boekwinkel of aanlyn: https://www.nb.co.za/af/view-book/?id=9780796322333
-
Is daar 'n toekoms in dié land?
08/04/2020 Duration: 01h01minAzille Coetzee vertrek Nederland toe om verder te studeer. Sy raak op ’n Nederlander verlief en besluit om aan te bly. Maar sy bly haar vasloop teen die vraag: Watter herkoms is meer bindend, Afrika of Europa? In ’n tyd gekenmerk deur geweld teenoor vreemdelinge, geweld teenoor vroue en rassehaat gesels ’n groep vroue oor generasie- en kleurgrense heen om antwoorde te probeer vind op die vraag: Is daar ’n toekoms in dié land? Luister hier na Lindie Koorts se gesprek met Azille Coetzee, Martie Meiring en Mercy Kannemeyer. Azille Coetzee se boek, In my vel, kan by jou naaste boekwinkel of aanlyn bestel word. Die e-boek is ook beskikbaar op: - Amazon: https://www.amazon.com/vel-Reis-Afrikaans-Azille-Coetzee-ebook/dp/B07V5JR283/ - Kobo: https://www.kobo.com/za/en/ebook/in-my-vel - Snapplify: https://shop.snapplify.com/product/in-my-vel - Takealot: https://www.takealot.com/in-my-vel-ebook/PLID54968008
-
Discussion on identity politics and They Called Me Queer
07/04/2020 Duration: 01h02minJaco Barnard-Naudé talks to Kim Windvogel, one of the compilers of They Called Me Queer, as well as Mark Gevisser, author of The Pink Line, about the taboos and debates surrounding identity politics across the globe. They Called Me Queer is available as e-book or can be ordered from your nearest bookstore or online. More information: http://www.nb.co.za/en/view-book/?id=9780795709173
-
Vier skrywers bespreek die grens tussen feit en fiksie
06/04/2020 Duration: 58minSidney Gilroy se Klikbek lyk soos vanoggend se koerantvoorblaaie, met speurder Sollie Mthembu in Bloem wat tussen verkragting, ontvoering en plaasmoord moet bontstaan. James Brent Styan, skrywer van The Bosasa Billions, gesels met Sidney Gilroy (Klikbek), Johan Jack Smith (Zola) en Pieter-Louis Myburgh (Gangster State)oor hoe die grens tussen feit en fiksie soms vaag kan raak. Meer oor Sidney Gilroy se Klikbek: http://www.nb.co.za/af/view-book/?id=9780798178112
-
Chris Karsten gesels met Irna van Zyl oor Anderman se vrou
03/04/2020 Duration: 55minIn Chris Karsten se jongste misdaad-roman ontmoet ons weer twee ou karakters, hoewel die een al twee jaar dood is. Skoenlapperboer Wim Kellerman het nog baie vrae ná Jack Niemand se dood. Al manier is om terug te loop op die spoor, want Wim weet sy ou aartsvyand, Simon Pope, lewe nog. Uiteindelik koop hy ’n kaartjie Kanada toe, kwansuis vir skoenlappersoektogte, om die meesterbrein agter die verdwyning van vyf kinders van die Kaapse Vlakte te gaan soek. Die akteur Brendon Daniels lees voor, en Irna van Zyl vra Chris Karsten die kuns af. Meer inligting oor Anderman se vrou: http://www.nb.co.za/en/view-book/?id=9780798179829
-
Skrywer Christine Barkhuizen-le Roux gesels oor die moeilike temas in haar jongste roman
01/04/2020 Duration: 48minIn Christine Barkhuizen-le Roux se jongste roman vra die skrywer skreiende, dapper vrae. Wat beteken dit om ’n goeie man te wees? Hoe raak ’n mens ontslae van die verlede? En bowenal, hoe heel jy 40 jaar later die pyn van ’n seuntjie genaamd Prins? By die Woordfees vra Chris Jones haar uit oor ’n storie wat haar na aan die hart lê: My naam is Prins, ek slaap met die lig aan.
-
The authors of Paper Tiger on the downfall of Independent Newspapers
30/03/2020 Duration: 58minWhen Independent Newspapers was bought by Iqbal Survé’s Sekunjalo Independent Media Consortium, journalists at South Africa’s biggest newspaper firm were optimistic that local ownership would put an end to the callous management of its Irish overlords of the previous two decades. What followed instead was media capture in action – blatant and at times bizarre. It was kicked off by the unexpected dismissal of Cape Times editor Alide Dasnois. In Paper Tiger, Alide and Chris Whitfield ─ the then editor-in-chief of the company’s Cape titles ─ tell the inside story. Herman Wasserman talks to them about their experience. More information on Paper Tiger: http://www.nb.co.za/en/view-book/?id=9780624087175
-
Rudie van Rensburg gesels met Jaco Wolmarans oor Skag
26/03/2020 Duration: 50minJaco Wolmarans praat met Rudie van Rensburg, wat in Vloek self met ’n wedren teen tyd werk, oor sy tweede spanningsroman ─ Skag. In 1987 kry Spesmagte se sersant Jos Fourie die opdrag om ’n vrag missiele wat stil-stil uit Oos-Duitsland verskeep word, op te pas. Maar dan ontdek hy tot sy skok wapengehalte uraan-235 is in die vrag versteek. Nou moet Jos aan die lewe bly teen die aanslae van seerowers en die Angolese vloot, te midde van sy ontluikende gevoelens vir die mooi ingenieurstudent Ashley Ramirez, wat self ’n agenda het... Bestel Jaco Wolmarans se eerste roman Bos, en tweede roman Skag, by jou naaste boekwinkel of aanlyn. Meer inligting: http://www.nb.co.za/en/view-book/?id=9780624089483
-
Chinees in Afrikaans met die skrywer van Die Dao van Daan van der Walt
26/03/2020 Duration: 54minMet Die dao van Daan van der Walt, waarmee oudregter Andries Buys weggestap het met al die jaar se literêre pryse, word die Chinese leefwêreld verken as deel van sowel ons verlede as ons werklikheid vandag. Frederik de Jager, wat redakteur was van Andries se Dao, maar ook Etienne van Heerden se Die wêreld van Charlie Oeng én sy nuwe roman, Die biblioteek aan die einde van die wêreld (wat onder meer in Sjanghai en Beijing afspeel), gesels met Andries. Bestel Die Die Dao van Daan van der Walt by jou naaste boekwinkel of aanlyn. Meer inligting: http://www.nb.co.za/af/view-book/?id=9780624082521
-
Gesprek oor Liefde Agter Tralies
25/03/2020 Duration: 55minHoekom raak mense verlief op misdadigers ─ soms ook wanneer hulle nog hul vonnis uitdien? Carla van der Spuy vertel Riette Rust meer omtrent haar talle onderhoude met mense wat liefde probeer onderhou wanneer een of albei agter tralies is, en wat sulke verhoudings dryf. Jacques Pratt, stigter van die Hope Hela-stigting wat na gevangenes uitreik, deel ook sy insigte. Bestel Carla van der Spuy se boek Liefde agter tralies by jou naaste boekwinkel of aanlyn: https://www.nb.co.za/af/view-book/?id=9780624087007
-
Gesprek oor Maverick Africans deur Hermann Giliomee
24/03/2020 Duration: 56minSuid-Afrika se top-historikus rig in Maverick Africans sy vlymskerp blik veral op dit wat ongewoon is aan die relatief klein groep Afrikaners. Die NG Kerk se invloed op apartheid, die buitengewone rol wat Afrikanervroue gespeel het, ontplooiing in die staatsdiens, en die vraag oor korrupsie onder apartheid kom onder meer onder die loep, met in die laaste hoofstuk “die gebroke hart van die Afrikaners”. Albert Grundlingh lei die gesprek met Hermann Giliomee. Bestel Maverick Africans: The Shaping of the Afrikaners by jou naaste boekwinkel of aanlyn. Meer inligting: http://www.nb.co.za/af/view-book/?id=9780624089087
-
Kerneels Breytenbach oor Hond se gedagte
24/03/2020 Duration: 01h03minLuister hier na oud-Springbokkaptein Wynand Claassen se gesprek met Kerneels Breytenbach oor sy roman, Hond se gedagte, by die Toyota US Woordfees 2020. Bestel Hond se gedagte deur Kerneels Breytenbach by jou naaste boekwinkel of aanlyn. Meer oor dié verrassende, hoogs vermaaklike roman: http://www.nb.co.za/af/view-book/?id=9780798179294
-
A conversation with Zephany Nurse (or Miché Solomon)
23/03/2020 Duration: 01h58sThe kidnapping of baby Zephany Nurse from the cot alongside her mother’s hospital bed gripped all of South Africa. And when the Nurse family found her, quite accidentally, they made headline news all over again. Zephany is now named Miché Solomon and together with author Joanne Jowell, she talks to CapeTalk’s Sara-Jayne King about what it feels like to make headlines across the world and to grow up with the woman who stole you from your own mother. Order Zephany (available in Afrikaans and English) from your nearest bookstore or online. More information on the book: http://www.nb.co.za/af/view-book/?id=9780624086406
-
Erns Grundling gesels oor Japan en sy boek Sushi en shosholoza
23/03/2020 Duration: 57minIn 2018 reis Erns Grundling om ’n nuwe Elders-reeks te verfilm, dié slag oor die land van die opkomende son, Japan – ook die plek waar die Rugbywêreldbeker 2019 sou plaasvind. Luister hier na Johann Symington (pas terug ná 6 jaar van predikant-wees in Japan!) se gesprek met Erns by die Toyota US Woordfees 2020. Sushi en shosholoza is Erns Grundling se verslag van soesji op ’n rugbypawiljoen, ’n onverwagse ontmoeting met oud-All Black Dan Carter, kuier in ’n katkafee en staptogte in ’n bra vreemde wêreld vir ’n outjie van Uitenhage. Bestel Sushi en shosholoza by jou naaste boekwinkel of aanlyn. Meer oor die boek: http://www.nb.co.za/af/view-book/?id=9780795802102
-
Dana Snyman gesels oor Soekmekaar
19/03/2020 Duration: 47minLuister hier na Johannes de Villiers se gesprek met Dana Snyman by Toyota US Woordfees 2020. Dana Snyman se boek Soekmekaar kan by jou naaste boekwinkel of aanlyn bestel word: http://www.nb.co.za/af/view-book/?id=9780624088660 Soekmekaar is ’n stuk of 50 stories waarin Dana Snyman besin oor enigiets van Donald Trump tot ’n 40ste skoolreünie, van sy kennismaking met Eugène Terre’Blanche tot die Bogosi-gesin wat by hom gewoon het op Jacobsbaai. Hy vertel hoe mense na mekaar probeer uitreik in ons land; hoe ons mekaar soek en nie altyd vind nie. Johannes de Villiers, skrywer van Kalmte in die malle gejaag en Blydskap: Mindfulness-wenke vir ’n vreugdevolle lewe, vra hom uit.
-
Eusebius McKaizer speaks to Moe Shaik about The ANC Spy Bible
12/03/2020 Duration: 26minEusebius McKaiser speaks to Moe Shaik about his new book, The ANC Spy Bible: Surviving across enemy lines. Catch the riveting conversation from the book launch here. The Bible Project, a project led in the 80's by former state security boss, Moe Shaik, has had mixed reception. In this memoir, Shaik finally tells his side of the story. Describing his relationship with The Nightingale, a Special Branch officer turned rogue who provided information to the underground, Shaik takes the reader on a thrilling ride navigating the most turbulent and uncertain parts of South Africa's late apartheid and transition past. More information available here: http://www.nb.co.za/en/view-book/?id=9780624088967
-
Madré Marais lees voor uit Luistervink
06/03/2020 Duration: 02minDie skrywer Madré Marais lees 'n verhaal voor uit haar versameling kortverhale, Luistervink. Luistervink is 'n verrassende kortverhaaldebuut deur 'n jong skrywer van Bloemfontein. Marais is goed geskool in die klassieke Afrikaanse kortverhaal, maar bied vernuwing op vele vlakke. Elke verhaal bevat iets ongewoons, nie net wat betref taal en register nie, maar veral t.o.v. karakter en perspektief. Hoogtepunte sluit in “Brandoffer” (briewe aan 'n ma), “Sinker” (oor 'n seun wat op die rand van 'n damwal huiwer) en “Driehonderd-vyf-en-sestig en 'n kwart” oor 'n jong vrou en man wat in die bad lê en oor die lewe tob. Die bundel word baie hoog aangeskryf deur lesers. Bestel Luistervink by jou naaste boekwinkel of aanlyn. Meer besonderhede: http://www.nb.co.za/af/view-book/?id=9780798180887
-
NB Skrywerspartytjie/Authors' Party 2020 Cape Town
28/02/2020 Duration: 14minSpeeches made at the 2020 NB Publishers Authors' Party in Cape Town by Marga Stoffer (Publishing Manager), Eloise Wessels (CEO of NB Publishers) and Melinda Ferguson whose imprint just joined NB Publishers in a joint venture.
-
Blydskap: Mindfulness-wenke vir 'n vreugdevolle lewe
24/02/2020 Duration: 36minOns het onlangs Johannes de Villiers se nuwe boek Blydskap: Mindfulness-wenke vir 'n vreugdevolle lewe by Exclusive Books in Stellenbosch bekend gestel. Al was daar geen elektrisiteit nie (dankie, Eskom!) het almal vol nuwe woema daar weggegaan! Bestel Blydskap deur Johannes de Villiers by jou naaste boekwinkel of aanlyn.