Nb Publishers

  • Author: Vários
  • Narrator: Vários
  • Publisher: Podcast
  • Duration: 90:31:01
  • More information

Informações:

Synopsis

Podcast by NB Publishers

Episodes

  • Francois Smith gesels met MedFM oor Die kleinste ramp denkbaar

    17/09/2020 Duration: 47min

    Luister hier na Annerle Barnard se onderhoud met Francois Smith op Vars GeInk, 'n program op MedFM. Francois gesels oor sy jongste roman, Die kleinste ramp denkbaar. Op die oog af is dié roman ’n storie oor ’n goeie dokter en ’n slegte polisieman. Want ’n bosluisbyt aan die polisieman Frans Schuin lei onverwags tot ’n tydperk van verwarring by die plattelandse dokter Gustav van Aardt. Die leser sien deur Van Aardt se oë. Is dit drogbeelde of werklike visuele waarnemings? En gaan hy mettertyd vrede maak met sy plek op die aarde? Bestel Die kleinste ramp denkbaar deur Francois Smith by boekwinkels of aanlyn. Meer inligting op ons webtuiste: http://www.nb.co.za/af/view-book/?id=9780624089988

  • Jaco Fouché lees voor uit Aanspreeklikheid

    03/09/2020 Duration: 09min

    Luister hier na twee voorlesings deur Jaco Fouché uit sy jongste roman, Aanspreeklikheid. Aanspreeklikheid is die naaswenner van die Groot Afrikaanse Romanwedstryd vir 2018. Dit is Fouché se eerse roman in sewe jaar, 'n fassinerende ondersoek na die betekenis van aandadigheid, maar ook die rol van die skrywer. Dit word beskou as 'n hoogtepunt in sy oeuvre sedert Ryk van die rawe. Jaco Diehl woon op Hermanus. Hy word getuie van 'n poging tot moord op sy buurvrou, en geleidelik word hy betrek by ander dade van geweld: eers op Hermanus, maar later ook op Somerset-Wes en eindelik in Kaapstad. Sy lewe is aan die disintegreer, en dit lyk nie of hy regtig omgee nie. Die hoofkarakter sleur ons al dieper mee in 'n doolhof. Wie is aanspreeklik vir die moorde, en wat is die waarheid? Of word ook die waarheid 'n storie, 'n verdoeseling wat nes Jaco nie vertrou kan word nie? Bestel Aanspreeklikheid by boekwinkels regoor die land of aanlyn. Meer inligting op ons webtuiste: https://www.nb.co.za/af/view-book/?id=97807981

  • Onderhoud met Marzanne Leroux van der Boon op MedFM

    31/08/2020 Duration: 16min

    Luister hier na ‘n onderhoud met veteraanskrywer Marzanne Leroux van der Boon op MedFM waar sy oor haar nuutste boek Israel-reeks 11: Hooglied gesels. Die Jode het nog altyd ’n lied gehad om te sing: Soms ’n lied van vreugde; soms ’n lied van pyn en lyding. Ook vir die Kriges is daar vreugde liedere en pynliedere. Yhoshi word dertien en dis tyd vir sy bar mitzvah. Die kleine Chaya is twee en ’n blye lied vir almal om haar. Mara is in Jerusalem waar haar Joodsheid ’n nuwe lied vir haar word. Daar is ook ’n pragtige loflied wat gesing word deur Re’uven en Shlomit. Maar waar sal Marc sy vreugdelied vandaan kry waar hy weereens in die Haddasah-hospitaal pleit vir ’n geliefde se lewe? Hooglied is die elfde titel in Marzanne Leroux-Van der Boon se topverkoper- Israel-reeks. Marzanne besoek Israel gereeld en met haar diepgaande kennis van Israel skryf sy die Joodse leefwêreld vir haar lesers oop. Israel-reeks 11: Hooglied is landwys by boekwinkels en aanlyn beskikbaar.

  • Neels Van Jaarsveld lees voor uit Die seerowers en die spookskip

    27/08/2020 Duration: 03min

    Neels van Jaarsveld lees voor uit Die seerowers 1: Die seerowers en die spookskip. Kom span die seile saam met Matilda, Basjan en die Van der Branders, en geniet hulle opwindende seeroweravonture. Elke maand met volmaan verskyn daar ’n geheimsinnige skip aan die kus van Grootgaapbaai en dan kom plunder seerowers die dorp. Kan Matilda en Basjan die gesteelde buit terugkry en die bose seerowers uitoorlê, of gaan hulle gevangenes aan boord van die spookskip bly . . . Dalk vir ewig? Bestel Die seerowers en die spookskip by boekwinkels of aanlyn.

  • A reading from How Lion Became King of the Animals

    14/08/2020 Duration: 05min

    Make yourself comfortable and listen to How Water Snakes Came To Be from the book How Lion Became King of the Animals. This reading is done by Mary-Anne Musekiwa, CFO at Coronation Fund Managers, as part of their Reading Adventure Room initiative. Order How Lion Became King of the Animals from leading bookstores nationwide or online.

  • Tweegevreet deur Zirk van den Berg

    06/08/2020 Duration: 05min

    Tweegevreet bied, soos sy voorganger Die vertes in, spanning én stof tot nadenke. Skrywer Zirk van den Berg vertel ons hier meer oor hierdie fassinerende verhaal en lees ook ‘n stukkie voor. In Julie 1905 kry Siegfried Bock van die Kaiserliche Landespolizei te kampe met ’n plaaslike boer se grudood, spoke uit sy verlede en ’n Berlynse besoeker wat ’n dodelike wrok koester. Hy worstel met Duits-Suidwes-Afrika se onstuimige politiek en ongenaakbare natuur. As hy geregtigheid wil laat seëvier, moet hy dít, asook strominge in sy eie gemoed, te bowe kom. Bestel Tweegevreet by boekwinkels regoor die land of aanlyn. Meer inligting op ons webtuiste: http://www.nb.co.za/af/view-book/?id=9780795709692 Musiek: Evening Campfire deur Lobo Loco - https://freemusicarchive.org/music/Lobo_Loco/Adventure/Evening_Campfire_ID_1178

  • Rika Cloete vertel ons meer oor Skadukant

    03/08/2020 Duration: 04min

    Rika Cloete is die skrywer van Skadukant wat Augustus 2020 verskyn. Sy vertel ons meer oor dié nuwe spanningsroman. Die verminkte lyk van ’n vrou wat op die strand gevind word, ruk die rustige Murraybaai, veral wanneer dit blyk dat die geweldenaar swanger vroue teiken. Die nagmerrie verdiep wanneer die verwagtende Deirdre O’Brien ook deur die gemaskerde moordenaar geteister word. Sy word die prooi in ’n obsessiewe kat-en-muis-speletjie. Hy wil haar knak en haar lewe steel, maar sy gaan dit nie toelaat nie. Skadukant kan eersdaags by goeie boekwinkels regoor die land en aanlyn bestel word. Meer oor Skadukant op ons webtuiste: http://www.nb.co.za/af/view-book/?id=9780795709876

  • Vers & vrou

    15/07/2020 Duration: 01h01min

    Vers & vrou is 'n versameling gedigte oor vroue, deur vroue, vir vroue – en vir dié wat met vroue leef. Bestel Vers & vrou, saamgestel deur Karen de Wet, by boekwinkels of aanlyn. Verskeie vrouedigters het virtueel saamgewerk om hierdie spesiale podsending te skep. Luister hier na voorlesings, meestal deur die digters self, van gedigte wat in die bloemlesing Vers & vrou verskyn. Musiek: Holy Dust (Acoustic) deur Wildlight: https://freemusicarchive.org/music/Wildlight/The_Tide_Acoustic/Wildlight_-_The_Tide_Acoustic_-_06_Holy_Dust_Acoustic

  • Neels van Jaarsveld lees voor uit Merk deur Rudie van Rensburg

    14/07/2020 Duration: 06min

    Luister hier na 'n voorlesing deur Neels van Jaarsveld uit Rudie van Rensburg se jongste spanningsroman, Merk. Kassie het geglo sy speurderdae is getel ná die Medusa-pedofielsaak, en sy hartaanval. Maar ses maande tuis bring perspektief – hy is ’n speurder in murg en been. Terug by die Spookeenheid word hy en kollega Rooi Els dadelik by die diep kant ingegooi: Hulle moet ’n reeksverkragter vastrek – een wat sy slagoffers met ’n brandyster merk. Is die skuldige die man wat beskryf word as “’n weerwolf met die sperm van ’n wildehond”? Of lê die antwoord by die spesifieke merk wat hy op sy slagoffers laat? Bestel Rudie van Rensburg Boeke se jongste spanningsroman, Merk, by boekwinkels of aanlyn. Meer oor die boek op ons webtuiste: http://www.nb.co.za/af/view-book/?id=9780795802140

  • Trailer for The Fall by Jen Thorpe

    10/07/2020 Duration: 04min

    We hope you enjoy this book trailer for Jen Thorpe's brand new novel, The Fall. Hector, #FeesMustFall protest leader, believes it's time for students to think a bit bigger than toyi-toying. This creates problems for Noné, South Africa's president, who wants no trouble from pesky students in the week she's launching an extraordinary zoo. So, when Thuli reveals that she can see seven days in into the future and Hector's life is at risk, the idea seems only semi-crazy to Helen, the journalist she tells. But as Helen starts to investigate the sinister forces that lurk on campus, she realises that Thuli knows only part of the danger. The people in power might be more menacing than anyone could have foreseen. One thing is certain: If Thuli is right, there are only seven days to change the future. Set in an alternate Cape Town and told by a diverse cast of characters, The Fall is an enthralling, edge-of-your-seat read. Music: Intranet by Yung Kartz: https://freemusicarchive.org/music/Yung_Kartz/August_2019/Intranet

  • Jaco Fouché vertel ons meer oor Aanspreeklikheid

    23/06/2020 Duration: 02min

    Jaco Fouché vertel ons meer oor sy nuwe roman, Aanspreeklikheid. Bestel Aanspreeklikheid by boekwinkels regoor Suid-Afrika of aanlyn. Meer oor dié puik roman op ons webtuiste: http://www.nb.co.za/af/view-book/?id=9780798178334 Musiek: ‘lock down’ deur Blue Dressed Man - https://freemusicarchive.org/music/Blue_Dressed_Man/Voidland_EP/lock_down

  • Lockdown Collection Podcast

    19/06/2020 Duration: 41min

    In this special podcast several authors who contributed to The Lockdown Collection pulled together with voicenotes to tell you more about their essays. In March 2020, South Africa went into Lockdown. In just four weeks, 40 authors raced against time and a virus to produce two hit e-books. This is the historic collection penned by SA's best writers and thinkers. Order The Lockdown Collection from your nearest bookstore or online.   Music: 'Focus' by A.A. Aalto - https://freemusicarchive.org/music/A_A_Aalto/Connections/Focus

  • Mo and Phindi Grootboom on Algoa FM

    05/06/2020 Duration: 10min

    The effervescent couple Mo and Phindi Grootboom joined Algoa FM’s Roland Gaspar and Rochlé Bloem on The Drive to chat about their all-new book, Stuff we Wish We Knew Before We Got Married. Order from your nearest bookstore or online. More information on our website: http://www.nb.co.za/en/view-book/?id=9780796322425

  • Quirky Quick Guide to ... Quirky Quick Guide to Having Great Sex

    29/05/2020 Duration: 04min

    Author Tiffany Kagure Mugo tells us a bit more about her upcoming book ─ hitting shelves in July 2020! Sex can be scary, but it doesn’t have to be. Every one of us can have great sex. Why is lube so important? How do you navigate consent? Is there a way of sending safe nudes? How do you put on a condom correctly? Why are people faking orgasms? How do you enjoy erection-free sex? What is kink? This candid book will answer your burning questions and tell you all you need to know, in clear and accessible bite-sized bits. A guide to all things sex and sexuality, busting myths and upgrading the knowledge you already have, it is the ultimate tool to help elevate your sex life!

  • Voorlesing van Pippie beur tant Laura op

    25/05/2020 Duration: 06min

    Pippie sal jou beslis vinnig kan opbeur met haar skerpsinnigheid. Vra maar vir tant Laura! Ons hoop julle geniet nog Pippie se verjaarsdagvieringe! Luister hier na die derde en finale voorlesing deur Christine Voorendyk uit Pippie beur tant Laura op wat in die Pippie Langkous-omnibus verskyn.

  • Voorlesing van Pippie gaan saam op 'n skooluitstappie

    22/05/2020 Duration: 07min

    Die feestelikhede duur voort. Tiedliepom, pomliedaai!! Ons deel graag hierdie voorlesing deur Christine Voorendyk uit Pippie gaan saam op ’n skooluitstappie wat in die Pippie Langkous-omnibus verskyn. Pasop net, daar’s dalk ’n monster in die Wonderwoud…

  • Voorlesing van Pippie vier haar verjaarsdag

    20/05/2020 Duration: 09min

    Kom ons skop hierdie 75ste verjaarsdag goed af! Sluit aan by die verjaarsdagvieringe en luister saam na ’n voorlesing uit Pippie vier haar verjaarsdag in Die Pippie Langkous-omnibus. Bestel die omnibus by jou naaste boekwinkel of aanlyn. Wie weet, dalk gaan soek julle na ’n paar spoke in die solder en ontdek sommer ’n paar skatte ook! Hiermee die eerste voorlesing deur Christine Voorendyk.

  • Lockdown Extended contributors pull together

    30/04/2020 Duration: 42min

    Some of the Lockdown Extended contributors pulled together virtually to bring you a "book launch"! We compiled their WhatsApp voicenotes into this podcast, where you'll get to hear readings from various authors, the inspiration behind their contributions and much more. Get your copy of Lockdown Extended here: o Amazon: https://www.amazon.com/dp/B087M3RCS8/ o Kobo: https://www.kobo.com/za/en/ebook/lockdown-extended o Snapplify: https://shop.snapplify.com/product/lockdown-extended Sentenced to Lockdown, regarded as "non-essential", 30 South African writers get together in a virtual Corona Collective, to pen Lockdown Extended, trying to make sense of a world, held hostage by a virus. Powerfully visceral, this gem includes a diverse list of South Africa's most celebrated writers, brilliantly capturing the effects of a global pandemic. There's Sisonke Msimang (Always Another Country), Fred Khumalo (Bitches Brew) and Pumla Dineo Gqola (Rape A South African Nightmare). The comic genius of Ben Trovato and Everyday

  • Ons gesels met Ruan Kemp oor Gedeeltelik bewolk

    15/04/2020 Duration: 50min

    Die UJ-Debuutprys 2020 gaan aan debutant Ruan Kemp met Gedeeltelik bewolk. Uitgewer Etienne Bloemhof vra die jong skrywer uit oor sy roman wat die tonge los het oor die persoon aan wie dit opgedra is. Hoofkarakter George Moore is gebore toe Jan Smuts dood is, word op ’n plaas in die Noord-Kaap groot, dien in ’n aaspeloton in Angola, raak deurmekaar met die Baader-Meinhof-bende in Duitsland, werk as ’n joernalis tydens die noodtoestande in Kaapstad, en word weldra saboteur, skaapsmokkelaar, mal en ’n boemelaar. Die e-boek van Gedeeltelik bewolk is selfs tydens inperking hier beskikbaar: - Takealot: https://www.takealot.com/gedeeltelik-bewolk-ebook/PLID54968007/product-information - Amazon: https://www.amazon.com/Gedeeltelik-bewolk-lewensbeskrywing-van-Afrikaans-ebook/dp/B07V5JQRRF/ - Kobo: https://www.kobo.com/za/en/ebook/gedeeltelik-bewolk

  • The Living While Feminist Podcast Launch

    09/04/2020 Duration: 55min

    With the postponement of the in-person launches of Living While Feminist, several of the contributors pulled together virtually to bring you this podcast! We compiled their WhatsApp voicenotes into this podcast, where you'll get to hear readings from various authors, the inspiration behind their contributions and much more. Living While Feminist will be available in all good bookstores when lockdown is over, but the great news is you can get the eBook NOW on various platforms! - Amazon: https://www.amazon.com/Living-While-Feminist-bodies-truths-ebook/dp/B086CB48G8/ - Takealot: https://www.takealot.com/living-while-feminist-ebook/PLID68749540 - Kobo: https://www.kobo.com/za/en/ebook/living-while-feminist - Snapplify: https://shop.snapplify.com/product/living-while-feminist More about the book: So much of our life experience is filtered through our bodies – norms, myths, and cultural standards continue to shape the way that we and the world feel about our bodies and how we see ourselves. Feminism says these r

page 5 from 9