Synopsis
Podlitiek is 'n weeklikse politieke podsending wat nuusgebeure en belangrike kwessies vanuit 'n klassieke liberale invalshoek benader, bedink en bespreek.
Episodes
-
Ep. 40 - Stoele gegooi, Alexandra deur protes gelooi & kyk na die ANC mooi
10/04/2019 Duration: 24minPodlitiek kondig met trots aan dat Ernst van Zyl by Podlitiek aansluit as voltydse aanbieder. In die eerste episode met van Zyl agter die mikrofoon kyk die span na die onlangse vegte tussen die EFF, BLF en Grond Party by ‘n Houtbaai verkiesingsdebat, Alexandra wat vingers in alle rigtings oor swak dienslewering wys en laastens ky die span in diepte na die ANC voor die verkiesing van 8 Mei 2019.Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek op Facebook ► https://www.facebook.com/podlitiek/ Podlitiek op Castbox ► https://castbox.fm/channel/id1987877Podlitiek op SoundCloud ► https://soundcloud.com/podlitiek-podlitiekPodlitiek op iTunes ► https://tinyurl.com/podlitiekapplePodlitiek op YouTube ► https://www.youtube.com/c/PodlitiekPodlitiek se webtuiste ► podlitiek.podmedia.org.za
-
Ep. 39 - Mnr Tien Persent, Kredietafgradering Afgewend & Motoreienaars se eToll present
03/04/2019 Duration: 23minIn hierdie week se episode bring die Podlitiek-span vir jou as luisteraar die nuutste nuus, kraakvars en vol van die week se nuutste skokke. Spesifiek die beweerde korrupsie van Ace Magashule, Moody’s se besluit oor Suid-Afrika se skuld, en e-toll se besluit oor agterstallige skuld, word hierdie week onder die loep geneem.Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek op Facebook ► https://www.facebook.com/podlitiek/ Podlitiek op Castbox ► https://castbox.fm/channel/id1987877Podlitiek op SoundCloud ► https://soundcloud.com/podlitiek-podlitiekPodlitiek op iTunes ► https://tinyurl.com/podlitiekapplePodlitiek op YouTube ► https://www.youtube.com/c/PodlitiekPodlitiek se webtuiste ► podlitiek.podmedia.org.za
-
Onderhoudreeks Ep. 13 - Ernst van Zyl (Conscious Caracal)
01/04/2019 Duration: 26minPodlitiek bied met trots die eerste onderhoud met Ernst van Zyl (meer bekend as Conscious Caracal). Dit is vir ons 'n groot voorreg om met Ernst te kon gesels en meer te leer oor die man agter die bekende sosiale media rekening en YouTube kanaal.Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek op Facebook ► https://www.facebook.com/podlitiek/ Podlitiek op Castbox ► https://castbox.fm/channel/id1987877Podlitiek op SoundCloud ► https://soundcloud.com/podlitiek-podlitiekPodlitiek op iTunes ► https://tinyurl.com/podlitiekapplePodlitiek op YouTube ► https://www.youtube.com/c/PodlitiekPodlitiek se webtuiste ► podlitiek.podmedia.org.za
-
Ep. 38 - AfriForum en VF Plus, Friedman se woorde betwis & BLF se logika vermis
27/03/2019 Duration: 26minIn hierdie week se episode bespreek die Podlitiek span leuens, verdomde leuens en BLF persverklarings. Ons kyk meer na die dispuut tussen AfriForum en die VF Plus, Daniel Friedman se uitlating by die Ahmed Kathrada Stigting se paneelbespreking asook die BLF se bewering dat die Weste siklone veroorsaak.Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek op Facebook ► https://www.facebook.com/podlitiek/ Podlitiek op Castbox ► https://castbox.fm/channel/id1987877Podlitiek op SoundCloud ► https://soundcloud.com/podlitiek-podlitiekPodlitiek op iTunes ► https://tinyurl.com/podlitiekapplePodlitiek op YouTube ► https://www.youtube.com/c/PodlitiekPodlitiek se webtuiste ► podlitiek.podmedia.org.za
-
Onderhoudreeks Ep. 12 - Louis Nel & Gideon Joubert (ZACP)
25/03/2019 Duration: 31minPodlitiek gesels met Gideon Joubert en Louis Nel, twee lede van die Kapitalistiese Party van Suid-Afrika (ZACP) wat meer algemeen bekend staan as die pers koei party. (Die gehalte van die opname is swakker as gewoonlik weens die feit dat die twee gaste in Kaapstad en Durban onderskeidelik sit en die opname deur Google Hangouts opgeneem is.)Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek op Facebook ► https://www.facebook.com/podlitiek/ Podlitiek op Castbox ► https://castbox.fm/channel/id1987877Podlitiek op SoundCloud ► https://soundcloud.com/podlitiek-podlitiekPodlitiek op iTunes ► https://tinyurl.com/podlitiekapplePodlitiek op YouTube ► https://www.youtube.com/c/PodlitiekPodlitiek se webtuiste ► podlitiek.podmedia.org.za
-
Agter die Skerms - #1 Menseregtedag
21/03/2019 Duration: 42minPodlitiek en die Dirk Scheepers Program bied met trots die eerste Podmedia Agter die Skerms episode aan. Tydens hierdie episode bespreek jou gunsteling potgooi pioniers Menseregtedag, selfdoen in Suid-Afrika en wie mag en wie nie mag opinies hê nie.Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek op Facebook ► https://www.facebook.com/podlitiek/ Podlitiek op Castbox ► https://castbox.fm/channel/id1987877Podlitiek op SoundCloud ► https://soundcloud.com/podlitiek-podlitiekPodlitiek op iTunes ► https://tinyurl.com/podlitiekapplePodlitiek op YouTube ► https://www.youtube.com/c/PodlitiekPodlitiek se webtuiste ► podlitiek.podmedia.org.za
-
Ep. 37 - SA Kapitalistiese Party, die BLF en VF+ baklei & MTN wat Afrikaans is Groot vermy.
20/03/2019 Duration: 27minIn hierdie week het ons gesien hoe openbare vervoer die groot gelykmaker in Suid-Afrika is, toe President Ramaphosa se Metro trein in Pretoria laat was. Vir dievolgende keer wat President Ramaphosa of jy ons leser en luisteraar vas sit inverkeer, bring Podlitiek hierdie week vir jou ‘n lekker episode wat fokus op die Suid-Afrikaanse Kapitalistiese Party, die BLF en VF+ wat baklei en MTN wat Afrikaans isGroot vermy.Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek op Facebook ► https://www.facebook.com/podlitiek/ Podlitiek op Castbox ► https://castbox.fm/channel/id1987877Podlitiek op SoundCloud ► https://soundcloud.com/podlitiek-podlitiekPodlitiek op iTunes ► https://tinyurl.com/podlitiekapplePodlitiek op YouTube ► https://www.youtube.com/c/PodlitiekPodlitiek se webtuiste ► podlitiek.podmedia.org.za
-
Onderhoudreeks Ep. 11 - Cilliers Brink (DA en Tshwane)
19/03/2019 Duration: 42minIn hierdie onderhoudepisode gesels die Podlitiek aanbieders, Daniël Eloff en Danieldu Plessis met Cilliers Brink. Brink is tans ‘n lid van die Tshwane burgemeester seuitvoerende komitee en verbonde aan die Demokratiese Alliansie.Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek op Facebook ► https://www.facebook.com/podlitiek/ Podlitiek op Castbox ► https://castbox.fm/channel/id1987877Podlitiek op SoundCloud ► https://soundcloud.com/podlitiek-podlitiekPodlitiek op iTunes ► https://tinyurl.com/podlitiekapplePodlitiek op YouTube ► https://www.youtube.com/c/PodlitiekPodlitiek se webtuiste ► podlitiek.podmedia.org.za
-
Ep. 36 - Zuma se spioene bespeurings, IRR verkiesingbewerings & Reserwe Bank se nasionalisering
13/03/2019 Duration: 23minSoos die Zuma-spioene wat vanweek hulself skielik ontbloot gevind het, kom alles uiteindelik aan die lig. Hierdie week bespreek hulle Zuma se spioene bespeurings, IRR bring verkiesingbewerings en die Reserwe Bank se nasionalisering.Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek op Facebook ► https://www.facebook.com/podlitiek/ Podlitiek op Castbox ► https://castbox.fm/channel/id1987877Podlitiek op SoundCloud ► https://soundcloud.com/podlitiek-podlitiekPodlitiek op iTunes ► https://tinyurl.com/podlitiekapplePodlitiek op YouTube ► https://www.youtube.com/c/PodlitiekPodlitiek se webtuiste ► podlitiek.podmedia.org.za
-
Ep. 35 - Volg ons Venezuela beleid, Kwotas verwyt, Rommel rond gesmyt
06/03/2019 Duration: 26minSoos EFF-geaffilieerde studente op Kovsies die rommel stuk vir stuk uit die asblik haal en op die vloer strooi, bring die Podlitiek-span hierdie week Suid-Afrika se nasionale skandale een vir een na vore. Hierdie week bespreek hulle Ace Magashule en sy delegasie se besoek aan die beleërde Venezuela, die belaglikhede wat kop uitsteek rakende sportkwotas, en Eckhard Binding, die Kovsie wat die rommel stukkie vir stukkie weer terug in die asblik gegooi het.Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek op Facebook ► https://www.facebook.com/podlitiek/ Podlitiek op Castbox ► https://castbox.fm/channel/id1987877Podlitiek op SoundCloud ► https://soundcloud.com/podlitiek-podlitiekPodlitiek op iTunes ► https://tinyurl.com/podlitiekapplePodlitiek op YouTube ► https://www.youtube.com/c/PodlitiekPodlitiek se webtuiste ► podlitiek.podmedia.org.za
-
Ep. 34 - Kampus ontwrigtings, DA se manifes gee rillings & Kodwa se beskuldigings
27/02/2019 Duration: 25minSoos die Prediker sê, daar is ‘n tyd en ‘n plek vir alles. 'n Tyd om af te breek, 'n tyd om te bou, 'n tyd om te huil en 'n tyd om te lag. Vandag se episode van Podlitiek bring vir jou al die gebou en gebreek en die gelag en gehuil van Suid-Afrika se politiek van hierdie afgelope week. Daniël, Paul en Daniel kyk hierdie week na die ontwrigtings op ons kampusse, die DA se 2019 verkiesingsmanifes en die beskuldigings teen ANC woordvoerder Zizi Kodwa.Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek op Facebook ► https://www.facebook.com/podlitiek/ Podlitiek op Castbox ► https://castbox.fm/channel/id1987877Podlitiek op SoundCloud ► https://soundcloud.com/podlitiek-podlitiekPodlitiek op iTunes ► https://tinyurl.com/podlitiekapplePodlitiek op YouTube ► https://www.youtube.com/c/PodlitiekPodlitiek se webtuiste ► podlitiek.podmedia.org.za
-
Ep. 33 - Lekota Praat Oor Verraad, Konsentrasiekampe Uitlaat En nog ‘n DA Bord geskaad
20/02/2019 Duration: 24minPodlitiek, soos die kat, kom hierdie week weer met ‘n lekker episode oor Terror Lekota se SONA repliektoespraak, die Britse politikus Jacob Rees-Mogg se uitlatings oor konsentrasiekampe tydens die Anglo-Boere Oorlog asook veldtogborde van die DA wat afgebrand is.Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek op Facebook ► https://www.facebook.com/podlitiek/ Podlitiek op Castbox ► https://castbox.fm/channel/id1987877Podlitiek op SoundCloud ► https://soundcloud.com/podlitiek-podlitiekPodlitiek op iTunes ► https://tinyurl.com/podlitiekapplePodlitiek op YouTube ► https://www.youtube.com/c/PodlitiekPodlitiek se webtuiste ► podlitiek.podmedia.org.za
-
Ep. 32 - Eskom oorlaai, Ramaphosa probeer paai & DA sê skynbaar vir BEE koebaai
13/02/2019 Duration: 25minTerwyl die land stoei met beurtkrag kom Podlitiek om jou week op te helder. In hierdie week se episode plaas ons die kollig op die groot probleme by Eskom, Ramaphosa se planne om staatsdepartement en provinsies te verminder asook die DA wat terselfde tyd BEE as beleid groet maar ook nie rerig nie.Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek op Facebook ► https://www.facebook.com/podlitiek/ Podlitiek op Castbox ► https://castbox.fm/channel/id1987877Podlitiek op SoundCloud ► https://soundcloud.com/podlitiek-podlitiekPodlitiek op iTunes ► https://tinyurl.com/podlitiekapplePodlitiek op YouTube ► https://www.youtube.com/c/PodlitiekPodlitiek se webtuiste ► podlitiek.podmedia.org.za
-
Spesiale Episode 5 - Staat 'SONA' Rede
08/02/2019 Duration: 27minDie Podlitiek-span se nuutste episode handel oor die Staatsrede. Hoewel die EFF bietjie te rustig was vir Suid-Afrikaanse politieke smaak, is die span self geensins bedees nie. In ‘n vermaaklike halfuur bespreek hulle Ramaphosa se vyf punt plan, Eskom se ontbondeling, die NGV en Brulpadda-gas.Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek op Facebook ► https://www.facebook.com/podlitiek/ Podlitiek op Castbox ► https://castbox.fm/channel/id1987877Podlitiek op SoundCloud ► https://soundcloud.com/podlitiek-podlitiekPodlitiek op iTunes ►https://tinyurl.com/podlitiekapplePodlitiek op YouTube ► https://www.youtube.com/c/PodlitiekPodlitiek se webtuiste ► www.podlitiek.org
-
Ep. 31 - Buitelandse kritiek ontlok, Hoërskool Driehoek Wrok en die EFF Manifes bied geen skok
06/02/2019 Duration: 24minDie Podlitiek-span is hierdie week terug in die ateljee en neem hul kruistog teen feite-foute, swak beleide en flaters deur politici voort. Die span bespreek die memorandum gestuur aan President Ramaphosa deur verskeie Westerse lande , die EFF se 2019 manifes en dan op ‘n somber noot die skokkende gebeure by Hoërskool Driehoek.Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek se webtuiste ► www.podlitiek.orgPodlitiek op Facebook ► https://www.facebook.com/podlitiek/ Podlitiek op Castbox ► https://castbox.fm/ch/1488554Podlitiek op SoundCloud ► https://soundcloud.com/podlitiek-podlitiekPodlitiek op iTunes ►https://tinyurl.com/podlitiekapplePodlitiek op YouTube ► https://www.youtube.com/c/Podlitiek
-
Onderhoudreeks Ep. 10 - Hercules Boshoff & Rudi van Rensburg (Chairefoon Inisiatief)
01/02/2019 Duration: 30minIn hierdie episode van Podlitiek se onderhoudreeks gesels Paul Maritz en Daniel du Plessis met Hercules Boshoff en Hans Pretorius van die Chairefoon Inisiatief. Die Chairefoon Inisiatief is 'n organisasie wat hom beywer vir filosofie en filosofiese ontwikkeling in Afrikaans.Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek se webtuiste ► www.podlitiek.orgPodlitiek op Facebook ► https://www.facebook.com/podlitiek/ Podlitiek op Castbox ► https://castbox.fm/ch/1488554Podlitiek op SoundCloud ► https://soundcloud.com/podlitiek-podlitiekPodlitiek op iTunes ►https://tinyurl.com/podlitiekapplePodlitiek op YouTube ► https://www.youtube.com/c/Podlitiek
-
Ep. 30 - Die belasting verset, Bosasa se pret en politici belet en gered.
30/01/2019 Duration: 25minIn ‘n tyd van sosiale media, alternatiewe media, kunsmatige intelligensie, en tegnologiese vooruitgang, is dit sekerlik gerusstellend om te weet dat een ding altyd dieselfde bly: Politieke speletjies. Hierdie week is die Podlitiek-span weer met die tong diep in die kies aan die ontleed en analiseer van die Suid-Afrikaanse politiese sfeer.Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek se webtuiste ► www.podlitiek.orgPodlitiek op Facebook ► https://www.facebook.com/podlitiek/ Podlitiek op Castbox ► https://castbox.fm/ch/1488554Podlitiek op SoundCloud ► https://soundcloud.com/podlitiek-podlitiekPodlitiek op iTunes ►https://tinyurl.com/podlitiekapplePodlitiek op YouTube ► https://www.youtube.com/c/Podlitiek
-
Onderhoudreeks Ep. 9 - Gerhard de Beer (Green Bay Packers)
28/01/2019 Duration: 29minIn die eerste onderhoudepisode van 2019 het Paul Maritz en Daniël Eloff vir Gerhard de Beer saam met hulle in die ateljee. De Beer is ‘n professionele Amerikaanse voetbal speler vir die Green Bay Packers.Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek se webtuiste ► www.podlitiek.orgPodlitiek op Facebook ► https://www.facebook.com/podlitiek/ Podlitiek op Castbox ► https://castbox.fm/ch/1488554Podlitiek op SoundCloud ► https://soundcloud.com/podlitiek-podlitiekPodlitiek op iTunes ►https://www.youtube.com/c/Podlitiek
-
Ep. 29 - Facebook geskok , Die DA se onderrok en by Coligny gejok
22/01/2019 Duration: 23minDie kontemporêre Suid-Afrika vandag kan mooi beskryf word deur die bekende woorde van Charles Dickens. Ons land beleef werklik terselfde tyd die beste van tye asook die ergste van tye. Tye van wysheid en tye van dwaasheid. Hierdie week bespreek Podlitiek vier van due gebeure in hierdie kontrasterende tye naamlik die skokkende Facebook video van die afgelope week, die DA se verkiesingsveldtog en die beweerde onthullings oor die Coligny moordsaak.Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek se webtuiste ► www.podlitiek.orgPodlitiek op Facebook ► https://www.facebook.com/podlitiek/ Podlitiek op Castbox ► https://castbox.fm/ch/1488554Podlitiek op SoundCloud ► https://soundcloud.com/podlitiek-podlitiekPodlitiek op iTunes ►https://tinyurl.com/podlitiekapple
-
Ep. 28 - ANC Manifes, Schweizer - Protes En Denel Moles
16/01/2019 Duration: 27minPodlitiek wil graag sy dank uitspreek vir die politieke partye, leiers en sosiale media van Suid-Afrika wat sorg dat hierdie podsending weekliks ‘n oorvloed van flaters, oorreaksies en verontwaardiging het om oor te gesels en die gek mee te skeer. Hierdie week fokus Podlitiek op vier van hierdie nuusgebeure, naamlik die ANC se nuwe 2019 manifes, die Schweizer-Reneke protes, die Denel moles en Gillette wat geslaan word vir ses.Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie!Podlitiek se webtuiste ► www.podlitiek.orgPodlitiek op Facebook ► https://www.facebook.com/podlitiek/Podlitiek op Castbox ► https://castbox.fm/ch/1488554Podlitiek op SoundCloud ► https://soundcloud.com/podlitiek-podlitiekPodlitiek op iTunes ►https://tinyurl.com/podlitiekapple