Synopsis
Podlitiek is 'n weeklikse politieke podsending wat nuusgebeure en belangrike kwessies vanuit 'n klassieke liberale invalshoek benader, bedink en bespreek.
Episodes
-
Ep. 57 - Openbare beskermer pleit, Grondverslag bring verwyt, nog VSA skietterye
07/08/2019 Duration: 30minDie Amerikaanse outeur Simon Sinek het eenkeer gesê dat meer inligting onder alle omstandighede beter is as minder inligting - juis om die rede van meer inligting, en beter begrip van die beskikbare inligting, is Podlitiek ‘n bietjie meer as ‘n jaar gelede op die been gebring. Hier word braaivleisgesprekke oor die land, sy nuus, en sy politiek maklik en lekker gemaak, met vier jong stemme wat saamstem en verskil oor alles en nog wat.Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek op iTunes ► https://tinyurl.com/podlitiekapplePodlitiek op Spotify ►https://tinyurl.com/y6mfuc5fPodlitiek op Castbox ► https://castbox.fm/channel/id1987877Podlitiek op SoundCloud ► https://soundcloud.com/podlitiek-podlitiekPodlitiek op YouTube ► https://www.youtube.com/c/PodlitiekPodlitiek op Facebook ► https://www.facebook.com/podlitiek/ Podlitiek se webtuiste ► www.podmedia.org.za/podlitiek
-
Ep. 56 - Grondwetverslag sonder raad, ANC deur binnestryd geskaad & Zille kry ‘n IRV mandaat
30/07/2019 Duration: 25minIn hierdie week se episode kyk Ernst van Zyl, Hermann Pretorius en Paul Maritz na die nuuste nuusgebeure van die afgelope week. Die kollig word geplaas op die nuwe verslag deur die raadgewende kommittee op grondhervorming, die ANC se interne stryde wat al duideliker word asook Helen Zille wat by die IRV aangesluit het.Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek op iTunes ► https://tinyurl.com/podlitiekapplePodlitiek op Spotify ►https://tinyurl.com/y6mfuc5fPodlitiek op Castbox ► https://castbox.fm/channel/id1987877Podlitiek op SoundCloud ► https://soundcloud.com/podlitiek-podlitiekPodlitiek op YouTube ► https://www.youtube.com/c/PodlitiekPodlitiek op Facebook ► https://www.facebook.com/podlitiek/ Podlitiek se webtuiste ► www.podmedia.org.za/podlitiek
-
Ep. 55 - Openbare Beskermer geboek, Floyd se besoek & Johnny Clegg groet
24/07/2019 Duration: 28minVandag in die ateljee is Hermann Pretorius, Paul Maritz en Daniël Eloff, en die span bespreek die afgelope week se grootste nuusgebeure. In hierdie episode word daar gekyk na die omstredenheid rakende die magdom gebeure waar die Openbare Beskermer betrokke is, Floyd Shivambu se beweerde ontmoeting met Johan Rupert asook Johnny Clegg se afsterwe.Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek op iTunes ► https://tinyurl.com/podlitiekapplePodlitiek op Spotify ►https://tinyurl.com/y6mfuc5fPodlitiek op Castbox ► https://castbox.fm/channel/id1987877Podlitiek op SoundCloud ► https://soundcloud.com/podlitiek-podlitiekPodlitiek op YouTube ► https://www.youtube.com/c/PodlitiekPodlitiek op Facebook ► https://www.facebook.com/podlitiek/ Podlitiek se webtuiste ► www.podmedia.org.za/podlitiek
-
Ep. 54 - Weermag ontplooi, Zuma gelooi & Is Mandela nog rooi
17/07/2019 Duration: 25minIn die gees van Nelson Mandela dag het die Podlitiek-span 25 minute van hul 67 minute van gemeenskapsdiens toegewy om vir jou die afgelope week se nuutste nuus te bring. In hierdie episode kyk Paul, Ernst en Daniël na die ontplooiing van die weermag in die Kaapsevlakte, oud-president Zuma se getuienis by die Zondo-kommissie en laastens word die nalatenskap van Nelson Mandela onder die vergrootglas geplaas.Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek op iTunes ► https://tinyurl.com/podlitiekapplePodlitiek op Spotify ►https://tinyurl.com/y6mfuc5fPodlitiek op Castbox ► https://castbox.fm/channel/id1987877Podlitiek op SoundCloud ► https://soundcloud.com/podlitiek-podlitiekPodlitiek op YouTube ► https://www.youtube.com/c/PodlitiekPodlitiek op Facebook ► https://www.facebook.com/podlitiek/ Podlitiek se webtuiste ► www.podmedia.org.za/podlitiek
-
Ep. 53 - EFF rommel, ANC se Twitter geskommel & Grondonteiening oorrompel
10/07/2019 Duration: 27minSoos wat skole en universiteite heropen, blyk dit vir die Podlitiek-span asof die Suid-Afrikaanse nuussiklus ook uit sy effense hibernasie ontwaak het, en soos ‘n honger beer die strate van Suid-Afrika op en af loop op soek na iets om te verorber. Gelukkig was daar hierdie afgelope week ‘n paar werklik sappige stories, wat vertel en gesels nodig gehad het. Vrees nie, Podlitiek-luisteraar - alle sappige stories word inderdaad in diepte bespreek.Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek op iTunes ► https://tinyurl.com/podlitiekapplePodlitiek op Spotify ►https://tinyurl.com/y6mfuc5fPodlitiek op Castbox ► https://castbox.fm/channel/id1987877Podlitiek op SoundCloud ► https://soundcloud.com/podlitiek-podlitiekPodlitiek op YouTube ► https://www.youtube.com/c/PodlitiekPodlitiek op Facebook ► https://www.facebook.com/podlitiek/ Podlitiek se webtuiste ► www.podmedia.org.za/podlitiek
-
Ep. 52 - Ace se stryd, weermag se uniformbeleid & G20 verwyt
03/07/2019 Duration: 29minIn ‘n nuusweek wat oorheers is deur internasionale stories soos die G20 en President Dondald Trump van die VSA se besoek aan Noord Korea, gaan vind die Podlitiek-span die stories wat in die krake weggesteek word, en van die voorblaaie weggehou word.Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek op iTunes ► https://tinyurl.com/podlitiekapplePodlitiek op Spotify ►https://tinyurl.com/y6mfuc5fPodlitiek op Castbox ► https://castbox.fm/channel/id1987877Podlitiek op SoundCloud ► https://soundcloud.com/podlitiek-podlitiekPodlitiek op YouTube ► https://www.youtube.com/c/PodlitiekPodlitiek op Facebook ► https://www.facebook.com/podlitiek/ Podlitiek se webtuiste ► www.podmedia.org.za/podlitiek
-
Agter die Skerms - #2 Afrikaans, alternatiewe media & die toekoms van die jeug
01/07/2019 Duration: 42minIn hierdie episode gaan ons bietjie agter die skerms by Podlitiek en voer 'n lekker informele gesprek oor Afrikaans en die onderwys, die rol van alternatiewe media asook die toekoms van ons jeug in Suid-Afrika. Skakel in om na hierdie lekker sitkamergesprek te luister.Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek op iTunes ► https://tinyurl.com/podlitiekapplePodlitiek op Spotify ►https://tinyurl.com/y6mfuc5fPodlitiek op Castbox ► https://castbox.fm/channel/id1987877Podlitiek op SoundCloud ► https://soundcloud.com/podlitiek-podlitiekPodlitiek op YouTube ► https://www.youtube.com/c/PodlitiekPodlitiek op Facebook ► https://www.facebook.com/podlitiek/ Podlitiek se webtuiste ► www.podmedia.org.za/podlitiek
-
Ep. 51 - SONA rigtingloos, Phumzile boos & Mkwebane sonder troos
26/06/2019 Duration: 22minDaar is, na oorlewering, ‘n Chinese groet wat lui: “mag jy in interessante tye leef” - of dit ‘n seëngroet of ‘n vloekgroet is, sal die ontvanger maar self moet bepaal. Dit kom hierdie week weer duidelik na vore dat Suid-Afrikaners tans in interessante tye leef. In hierdie episode kyk die span na die onlangse staatsrede, Phumzile van Damme se Twitter uitbarsting asook die Openbare Beskermer se voortdurende stryd met Cyril Ramaphosa.Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek op iTunes ► https://tinyurl.com/podlitiekapplePodlitiek op Spotify ►https://tinyurl.com/y6mfuc5fPodlitiek op Castbox ► https://castbox.fm/channel/id1987877Podlitiek op SoundCloud ► https://soundcloud.com/podlitiek-podlitiekPodlitiek op YouTube ► https://www.youtube.com/c/PodlitiekPodlitiek op Facebook ► https://www.facebook.com/podlitiek/ Podlitiek se webtuiste ► www.podmedia.org.za/podlitiek
-
Ep. 50 - Zindzi Twitter Tirade, Privaatsekuriteitsdade & Magashule Se Skade
19/06/2019 Duration: 28minSoos wat faksionalisme binne in die ANC woed en elke groepie sy plekkie na afloop van die nasionale verkiesing probeer vind, bring Podlitiek ‘n vars perspektief op die nuutste plaaslike en internasionale politieke sake. Hierdie week kyk Daniël, Ernst en Paul oudergewoonte na die stories wat hulle oog gevang het, en pak dit vir die luisteraar uit.Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek op iTunes ► https://tinyurl.com/podlitiekapplePodlitiek op Spotify ►https://tinyurl.com/y6mfuc5fPodlitiek op Castbox ► https://castbox.fm/channel/id1987877Podlitiek op SoundCloud ► https://soundcloud.com/podlitiek-podlitiekPodlitiek op YouTube ► https://www.youtube.com/c/PodlitiekPodlitiek op Facebook ► https://www.facebook.com/podlitiek/ Podlitiek se webtuiste ► www.podmedia.org.za/podlitiek
-
Onderhoudreeks Ep. 14 - Steve Hofmeyr
14/06/2019 Duration: 33minIn die ateljee het Podlitiek in hierdie onderhoudepisode vir Steve Hofmeyr. Tydens die gesprek gesels die span met Steve oor sensuur op sosiale- en hoofstroom media, sy persoonlike politieke ontwikkeling asook emigrasie.Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek op Facebook ► https://www.facebook.com/podlitiek/ Podlitiek op Castbox ► https://castbox.fm/channel/id1987877Podlitiek op SoundCloud ► https://soundcloud.com/podlitiek-podlitiekPodlitiek op iTunes ► https://tinyurl.com/podlitiekapplePodlitiek op YouTube ► https://www.youtube.com/c/PodlitiekPodlitiek se webtuiste ► www.podmedia.org.za/podlitiek
-
Ep. 49 - Geloof en die staat, ekonomie geskaad & Selfe verlaat
12/06/2019 Duration: 31minIn hierdie vol episode van Podlitiek pak die span die afgelope week se groot nuusgebeure aan. Ernst, Paul en Daniël bespreek die skeiding tussen die kerk en staat, Suid-Afrika se rampspoedige ekonomiese beleide asook James Selfde wat as Federalehoof van die Demokratiese Alliansie bedank het.Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek op Facebook ► https://www.facebook.com/podlitiek/ Podlitiek op Castbox ► https://castbox.fm/channel/id1987877Podlitiek op SoundCloud ► https://soundcloud.com/podlitiek-podlitiekPodlitiek op iTunes ► https://tinyurl.com/podlitiekapplePodlitiek op YouTube ► https://www.youtube.com/c/PodlitiekPodlitiek se webtuiste ► www.podmedia.org.za/podlitiek
-
Ep. 48 - Lesufi se fopnuus, almal vir Patricia vies & EFF sê vir Manuel skuus
05/06/2019 Duration: 25minIn ‘n week waartydens ‘n nuwe kabinet aangekondig is, Gauteng LUR’e soos stoele rondgeskuif het, en groot hofuitsprake gemaak is bring Podlitiek oudergewoonte aan die luisteraar ‘n opsomming van ‘n paar groot nuusgebeure, met relevante kommentaar daarby aangehaak. Hierdie week ondersoek die Podlitiek-span van Ernst, Paul en Daniël die kabinet, die EFF se verlies in die hof, en die rondskuiwery van Panyaza Lesufi.Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek op Facebook ► https://www.facebook.com/podlitiek/ Podlitiek op Castbox ► https://castbox.fm/channel/id1987877Podlitiek op SoundCloud ► https://soundcloud.com/podlitiek-podlitiekPodlitiek op iTunes ► https://tinyurl.com/podlitiekapplePodlitiek op YouTube ► https://www.youtube.com/c/PodlitiekPodlitiek se webtuiste ► www.podmedia.org.za/podlitiek
-
Ep. 47 - Die inhuldiging is lank, Zuma en die regsbank & Moakes bedank
29/05/2019 Duration: 27minNa afloop van die inhuldiging van President Cyril Ramaphosa keer die Suid-Afrikaanse politieke siklus weer terug na sy ou normaal. Hierdie week ondersoek diePodlitiek-span van Ernst, Paul en Daniël juis hierdie inhuldiging, en ‘n paar andergebeure wat die afgelope week se nuus gedomineer het.Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek op Facebook ► https://www.facebook.com/podlitiek/ Podlitiek op Castbox ► https://castbox.fm/channel/id1987877Podlitiek op SoundCloud ► https://soundcloud.com/podlitiek-podlitiekPodlitiek op iTunes ► https://tinyurl.com/podlitiekapplePodlitiek op YouTube ► https://www.youtube.com/c/PodlitiekPodlitiek se webtuiste ► www.podmedia.org.za/podlitiek
-
Ep. 46 - Zille laat twitter ruk, en Lesufi laat Gauteng verstik.
22/05/2019 Duration: 22minIn vandag se episode van Podlitiek kyk Daniël Eloff, Ernst van Zyl en Paul Maritz nadie nuutste nuusgebeure in die Suid-Afrikaanse politieke sfeer en fokus op Helen Zille se Twitter kaskenades, Panyaza Lesufi se stryd teen Afrikaans en die kritiek teen die Openbare Beskermer.Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek op Facebook ► https://www.facebook.com/podlitiek/ Podlitiek op Castbox ► https://castbox.fm/channel/id1987877Podlitiek op SoundCloud ► https://soundcloud.com/podlitiek-podlitiekPodlitiek op iTunes ► https://tinyurl.com/podlitiekapplePodlitiek op YouTube ► https://www.youtube.com/c/PodlitiekPodlitiek se webtuiste ► www.podmedia.org.za/podlitiek
-
Ep. 45 - Noah in die sop, die verkiesingsflop & sal dit ooit stop
15/05/2019 Duration: 25minIn vandag se episode van Podlitiek kyk Daniël Eloff, Ernst van Zyl en Paul Maritz na afloop van die Nasionale Verkiesing van 8 Mei onder ‘n mikroskoop na wat presies gebeur het, watter tendense opgetel kon word, en wat hierdie stemgeleentheid verklap oor die stand van sake.Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek op Facebook ► https://www.facebook.com/podlitiek/ Podlitiek op Castbox ► https://castbox.fm/channel/id1987877Podlitiek op SoundCloud ► https://soundcloud.com/podlitiek-podlitiekPodlitiek op iTunes ► https://tinyurl.com/podlitiekapplePodlitiek op YouTube ► https://www.youtube.com/c/PodlitiekPodlitiek se webtuiste ► podlitiek.podmedia.org.za
-
Ep. 44 - Wat jy van die verkiesing moet weet & die SA regering laat AirBNB sweet
10/05/2019 Duration: 28minIn vandag se episode van Podlitiek kyk Daniël Eloff, Ernst van Zyl en Paul Maritz oudergewoonte onder die vergrootglas na Suid-Afrikaanse nuus en politiek, midde in die stemdag en -tellery wat tans ons nuussiklus oorheers.Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek op Facebook ► https://www.facebook.com/podlitiek/ Podlitiek op Castbox ► https://castbox.fm/channel/id1987877Podlitiek op SoundCloud ► https://soundcloud.com/podlitiek-podlitiekPodlitiek op iTunes ► https://tinyurl.com/podlitiekapplePodlitiek op YouTube ► https://www.youtube.com/c/PodlitiekPodlitiek se webtuiste ► podlitiek.podmedia.org.za
-
Ep. 43 - Nuutste peilings bekyk, Mrwebi & Jiba verstryk & Klein Party gekyk
02/05/2019 Duration: 28minPodlitiek kyk hierdie week na die nuutste IRR en Ipsos verkiesingspeilings, Jiba en Mrwebi se moeilikheid by die Nasionale Vervolgingsgesag asook as deel van ons politieke ekstrale reeks na die VF+, ZACP en COPE.Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek op Facebook ► https://www.facebook.com/podlitiek/ Podlitiek op Castbox ► https://castbox.fm/channel/id1987877Podlitiek op SoundCloud ► https://soundcloud.com/podlitiek-podlitiekPodlitiek op iTunes ► https://tinyurl.com/podlitiekapplePodlitiek op YouTube ► https://www.youtube.com/c/PodlitiekPodlitiek se webtuiste ► podlitiek.podmedia.org.za
-
Ep. 42 - 25 jaar na apartheid, wat nou? Plaasmoorde se grou. EFF van nader beskou.
24/04/2019 Duration: 31minMet die nasionale verkiesing 'n katspoegie weg, oorweeg die Podlitiek-span ten eerste wat ons as land alles bereik het sedert 1994 - en hoe die ANC sy beloftes van 25 jaar terug gehou het, al dan nie. Die nuus van 'n drastiese toename in plaasmoorde en -aanvalle oor die paasnaweek, en die regering se apatie daar teenoor word bespreek, en die EFF word ondersoek in hierdie week se poltieke X-strale segment.
-
Ep. 41 - Koel soos 'n AceKas, Bird Island se las & waar gaan die DA pas
17/04/2019 Duration: 28minSoos die kat, kom Podlitiek weer, en hierdie week met ‘n lekker energieke episode waar Paul Maritz, Ernst van Zyl en Daniël Eloff kyk na die verwikkelinge oor Ace Magashule, die Bird Island fopnuus en die DA se vooruitsigte vir 8 Mei 2019.Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek op Facebook ► https://www.facebook.com/podlitiek/ Podlitiek op Castbox ► https://castbox.fm/channel/id1987877Podlitiek op SoundCloud ► https://soundcloud.com/podlitiek-podlitiekPodlitiek op iTunes ► https://tinyurl.com/podlitiekapplePodlitiek op YouTube ► https://www.youtube.com/c/PodlitiekPodlitiek se webtuiste ► podlitiek.podmedia.org.za
-
Onderhoudreeks Ep. 13 - Ansie Maritz
12/04/2019 Duration: 32minIn hierdie episode van die Onderhoudreeks praat Podlitiek met Ansie Maritz, 'n kenner op die gebied van taaleienskappe van propaganda. Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek op Facebook ► https://www.facebook.com/podlitiek/ Podlitiek op Castbox ► https://castbox.fm/channel/id1987877Podlitiek op SoundCloud ► https://soundcloud.com/podlitiek-podlitiekPodlitiek op iTunes ► https://tinyurl.com/podlitiekapplePodlitiek op YouTube ► https://www.youtube.com/c/PodlitiekPodlitiek se webtuiste ► podlitiek.podmedia.org.za