Synopsis
Podlitiek is 'n weeklikse politieke podsending wat nuusgebeure en belangrike kwessies vanuit 'n klassieke liberale invalshoek benader, bedink en bespreek.
Episodes
-
Spesiale Episode - Podlitiek praat erfenis
24/09/2018 Duration: 25minSpesiale geleenthede vereis spesiale bederf – soos ’n spesiale uitgawe van Podlitiek! Op hierdie Erfenisdag gesels Paul Maritz en Daniel du Plessis met Gielie Hoffman oor erfenis in Suid-Afrika – en dan ook die erfenis van Afrikaners in besonder.
-
Ep. 15 - Maimane Laat Almal Lag, China Soek Krag En Wellington Se Ou Vlag
20/09/2018 Duration: 22minDie Podlitiek-span neem vanweek weer die swaard op teen ideologiese moerasse, filosofiese lokvalle en politiese paniek deur te gesels oor Maimane wat almal laat lag, China soek krag en Wellington se Ou vlag.
-
Ep. 14 - Ramaphosa word verdring, deur misdaad omring en AfriForum se geding
14/09/2018 Duration: 20minDie Podlitiek-span hervat vanweek hul nimmereindigende kruistog teen feitefoute, propaganda en algemene politiekery. In hierdie episode Ramaphosa word verdring, deur misdaad omring en AfriForum se Parlement-geding.
-
Onderhoudreeks Ep. 2 - Martin Van Staden (FMF & Rational Standard)
07/09/2018 Duration: 33minMet die tweede episode van Podlitiek se onderhoudreeks gesels Daniël Eloff en Daniel du Plessis met Martin van Staden. Martin is ‘n regsnavorser by die Vryemarkstigting en ook die Hoofredakteur van beide die Rational Standard en Being Libertarian.
-
Ep. 13 - Steve Sê Nee, SA Se BBP, Theresa May Verleë
06/09/2018 Duration: 21minIn die nuutste episode van Podlitiek raak die span, soos altyd, handgemeen met onsekerheid, onkunde en onwaarheid – maar nou ook in video! Die span gesels oor Steve Hofmeyr wat sy 1992 referendum stem wil verander, Suid-Afrika se resessie en Theresa May se flater oor grondonteiening.
-
Ep. 12 - Lesufi Se Foefie, Mandelabaai Verraai, En Die Grondberaad - Verraad.
30/08/2018 Duration: 20minPodlitiek-luisteraars het oor die afgelope maande gewoond geraak aan vurige gesprekke ten gunste van individuele vryheid, die mag van gemeenskappe, en minder mag aan die regering. Hierdie week se vurige episode trek dié vryheidswa oudergewoonte deur ons liewe land se verdiepende sosialismedrif deur te kyk na onderwys, munisipaliteite, en grond.
-
Ep. 11 - MiWay Se Fout, Reserwebank Benoud En AfroView Word Koud
23/08/2018 Duration: 20minIn hierdie week se vurige episode vol debat en redenering ontnonsens Podlitiek se paneel oudergewoonte die week se nuus en politiese gebeure. Hierdie week kyk hulle na MiWay se HUB, Renè Otto se sosiale media opmerkings, die EFF se plan om die Reserwebank te Nasionaliseer, en AfroWorld View, wat voormalig as ANN7 bekend gestaan het, se onlangse sluiting.
-
Ep. 10 - Plaaslyste, Medialuise En Die Hof Luister
15/08/2018 Duration: 20minIn hierdie week se skitterende episode ontduister Podlitiek se twee gereeldeaanbieders, Paul Maritz en Daniël Eloff, saam met gasaanbieder Daniel du Plessis, drie snaakse fenomene: Lyste met plase in gevaar, media-foefies en sensasie, en die lot van ons eertydse hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag, ene Shaun Abrahams.
-
Onderhoudreeks Ep. 1 - Crezane Bosch (Tshwane DA)
14/08/2018 Duration: 37minIn die eerste van Podlitiek se Onderhoudreeks gesels Paul Maritz en Daniël Eloff met Crezane Bosch van die Demokratiese Alliansie. Crezane is die adjunksweep van die party se Tshwane koukous. Die drie gesels en debatteer oor die DA se ideologiese posisie voor die 2019 verkiesing, die uitdagings wat die party in die gesig staar en oor Crezane se eie politieke ideologie.
-
Ep. 9 - Grond, Gemengde Boodskappe En Gatkraak In Zim
09/08/2018 Duration: 20minIn hierdie week se opwekkende episode gesels Podlitiek se twee gereelde aanbieders, Paul Maritz en Daniël Eloff, saam met gasaanbieder Daniel du Plessis oor drie sake wat swaar op Suid-Afrikaners se harte druk: Ons land, ons amptelike opposisie, en ons sukkelende bure.
-
Ep. 8 - Louere in die hof, likwidasies en lisensies
02/08/2018 Duration: 19minIn hierdie week se spitsvondige episode gesels Podlitiek se twee gereelde aanbieders, Daniël Eloff en Paul Maritz saam met die gasaanbieder Daniel du Plessis oor ‘n paar goeie hofuitsprake wat verlede week gelewer is, die ANC Jeugliga se likwidasie, en die nuutste oor wapenlisensies in Suid-Afrika.
-
Ep. 7 - Australiese Inboorlinge, Af Ligte En Afstigting
27/07/2018 Duration: 20minIn hierdie spitsvondige episode gesels Podlitiek se twee gereelde aanbieders, Paul Maritz en Daniël Eloff en die gasaanbieder Daniel du Plessis oor Trevor Noah se Twitter oproer, die nuutste gebeure oor Eskom en China se betrokkenheid by die sukkelende staatsorgaan en laastens oor die idee van ‘n onafhanklike Kaap-buurland.
-
Ep. 6 - BLF, Obama en Al-Bashir
20/07/2018 Duration: 20minIn hierdie episode gesels Paul Maritz, Hermann Pretorius en Daniël Eloff oudergewoonte oor ‘n paar opspraakwekkende nuusflitse van die afgelope week. Hierdie week val hul vergrootglase op Black First Land First, die rasgedrewe drukgroep wat onlangs weer opspraak gemaak het, Suid-Afrika se voorgenome terugkeer na die Internasionale Geregtigheidshof, en die voormalige Amerikaanse President Barack Obama se onlangse besoek aan Suid-Afrika.
-
Spesiale Episode - Mandela: Waar het hy gewen, verloor en hoe onthou ons hom
18/07/2018 Duration: 20minIn ons eerste spesiale episode breek die Podlitiek-span hierdie week so ʼn bietjie die gewoonte van nuusonderwerpe, en fokus in op een onderwerp – spesifiek die werk en impak van Oud-President Nelson Mandela wat oor die algemeen helder en deurdagte kritiek, lof en analise vryspring. Die paneel stel die episode soos ʼn Afrika-potjie op – dus met drie bene, maar een sentrale vuurmaakplek.
-
Ep. 5 - Leiers, lugdienste en lang vingers
13/07/2018 Duration: 20minDie DinGaan nie werk vir die Zoeloe’s nie, sit die SA terug in SAL, en Suid-Afrika se Korrupsie-Glipsie.
-
Ep. 4 - Belasting, benaming en bewaring.
06/07/2018 Duration: 19minIn hierdie episode gesels Daniël, Paul en Hermann Pretorius oor Grahamstad se voorgestelde naamsverandering, die situasie by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens se Kommissie van Ondersoek en word daar ‘n argument gemaak vir die bewaring van wild deur kommersiële jag.
-
Ep. 3 - Kwaksalwery, Kaap-krisisse En Kolisi
29/06/2018 Duration: 20minIn hierdie episode gesels ons oor die afgelope ruk se aktuele nuusgebeure. Die drie gebeure waarop hierdie episode fokus is die Nasionale Gesondheidsversekering en vrae daar rondom, die DA se huidige uitdagings, spesifiek die uitspraak in die De Lille hofsaak, en die manier waarop Rachel Kolisi, die vrou van Siya Kolisi, op Twitter hanteer is.
-
Ep. 2 - Die raskaart en Cyril se Penarie
26/06/2018 Duration: 28minEp. 2 - Die raskaart en Cyril se Penarie by Podlitiek
-